Nooi my in, en ek droom saam…

(fotos:Google Images)9895739321aceb258e98dcf9871a8251

Vandag het ek weer ñ ‘plekkie’ nodig. Daar waar ek en manlief kan gaan asem skep. ñ Eenvoudige plekkie, kan sekerlik ook in ons voortuin wees. Maar daar moet ñ ‘dink’ betrokke wees, ñ kort koplysie wat afgetik kan word. Kerse moet opgediep word, en onthoue moet onthou word.

Ek is nie die romantiese een in die huis nie. Blomme hoort in die tuin, moenie dit ter wille van my afpluk nie. Kom ons stap eerder met die dampaadjie langs, en waardeer die trosse wat oral rondhang.

Moet my ook nie met ñ geskenk verras nie, jammer. Verras my liewer met ñ idee, ñ plan, sodat ek en jy saam kan droom. En beplan.

Om ñ droom vorm te laat aanneem, dít is waar my lekkerte lê. ‘Die vooraf.’

Ons oudste meisiekind se “love language” is “gifts.” Ek kan my verlustig in die manier wat haar opgewondenheid oor geskenke en verrassings so met oorgawe is.

Jy wíl haar bederf.

En jy? Wat maak jóú glasie vol? Waar sal jy vandag draaie wil gaan loop. En jouself wees.

Wat moet in jóú kerskous kom.

Wie is jý as ons net bietjie oor jou gesels?

moonlite4-1454470641-medium

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Nooi my in, en ek droom saam…”

  1. Ekke? Ek is niemand. Ek is al die mense wat jy ken en soos niemand wat jy al ooit ontmoet het nie. Ek is beide reg onder jou neus en onsigbaar.

    Eendag loop jy my dalk wel raak by die klossie geboue op ‘n heuwel net buite Kleinmond, oppad Arrabella en Hermanus toe, aan die berg se kant. Daar is vier werkswinkels langs mekaar. Skrynwerker/ meubel restourasie, koper en ystersmid, glasblasery en ‘n groot ou skuur vol ou (en nuwe) mouterkarre is verskillende stadiums van herbou. Neffens die huis is daar ‘n oopplan restaurant. Daar is nie ‘n spyskaart nie, jy is welkom om in te val as die ligte brand. ‘n Bord kos kos R50 en bestaan uit wat ookal ons gekook het. Bring jou eie drinkgoed.
    By die grootpad se hek staan daar “Hier sukkel Plasie en sy van Helsdingen saam” Bokant die werkswinkel is ‘n uithangbord in die vorm van ‘n hoed. My eerste (en enigste) poging tot rymelary pryk daarop:

    Tevrede! Roep die plekbord, en verminder tog spoed
    uitgehang pryk handelaar se naam teen ‘n hoed

    Troeteldiere welkom, ook jou man of jou vrou
    los maar elders jou gadgets vir nou

    die winkel se vloer is bra leeg en kaal
    hoe dan gemaak om ‘n wins te behaal?

    geselskap!, liewe reisiger, ‘n verposing in die jag
    garneer met menslikheid, beklemtoom met lag

    en vir dié rariteit hoeveel geld te verhaal?
    u teenwoordigheid het reeds die som betaal

    Liked by 3 people

    1. Korrelkop, nou wat maak ek met hierdie stuk skrywe van jou! Kan dit mos nie net laat los nie. Jou plek klink klaar bekend, en kyk, stop sal ons by julle stop. Die bord kos sal ñ bonus wees, en ons “cooler box” sal genoeg drinkgoed inhê sodat julle twee saam kan wegsluk. Dankie vir die uitnooi, want ñ mens se ‘plek’ is jy. Jou rymelary, hoekom doen jy dit nie meer nie? Want dit gee so baie weg van wie jy is.

      Liked by 1 person

      1. Jy liaseer hom onder Y vir “Yeah right!” en gaan aan met jou lewe.
        Rymelary? Want ek is nie so bedraad nie. Linksbrein en hande verstaan mekaar goed, hulle weet hoe om te wat. Regsbrein en hande…dit is ‘n ongeluk wat plek soek om te gebeur.

        Liked by 1 person

      1. Die ou wat tans daardie plek bewoon gaan vir julle bra skuins aankyk want ek dink nie hy het al ooit van ‘n Korrelkop Kahuna gehoor nie. Maar eendag, net miskien tref jy ‘n KK en sy gade daar aan.

        Liked by 2 people

  2. Toe vind ek jou uiteindelik!!! Kom elke keer op dieselfde skrywe af…. maar met so ‘n bietjie gesukkel is ek nou hier. Gesels maak my glasie vol…. ‘n dag met my beste vriendin êrens in ‘n teetuin, dan lag ons maar praat ook diep dinge, en so nou en dan loop die trane.

    Liked by 1 person

      1. Dit is vandag Sondag, die Rusdag waarvan God die Skepper praat. Almal le nog rustig en slaap, toe kom sit ek maar agter die rekenaar. Ek kan nie meer mik vir 60 nie, ek is daar verby. Ek en my vrou is geseend met goeie gesondheid en dat ons nie regtig iets kortkom in die lewe nie. ons werk nog altwee, om aftetree in vandag se gejaagde lewe, kos nogal ‘n paar rand. Ons bly op ‘n pragtige plot in Bredell en soos die dorpe en dinge uitbrei, word die gehoor van voertuie al meer hoorbaar.
        Die skryfstorie kom al van skooljare en met my sakgeld en tuinwerkies vir ander mense in die dorpie Kuruman het ek my heel eerste kamera gekoop.
        Geld om te studeer was daar nie, en ek moes maar op die myn gaan werk. Daar het ek my vrou ontmoet. Ons is 1976 getroud en het 3 pragtige seuns en 5 kleinkinders.
        Ek is besig met ‘n foto joernalis kurses op die oomblik en sou baie graag verder wou studeer in Afrikaans. Miskien as God my kans gee, sal ek dit nog doen, ek kom agter ek het dit nodig vir die bietjie skryf wat ek doen.
        Ek en ‘n vriendin het ‘n roman geskryf en is besig om dit nou finaal deur te werk en dan verder sal ons sien wat gebeur.
        Ek werk maar al die jare as ‘n kontraktekenaar en dit is vir my soos fotografie, uit niks moet jy iets maak. ek glo nog altyd goeie fotos word gemaak en nie sommer net geneem nie.
        Die dinge van die lewe en gemoedstoestande skryf ek op die blog as ek tyd kry.

        Liked by 2 people

      2. So jy is ñ skrywer in murg en been, Danie. En nog vol drome en energie. Sjoe, die feit dat julle ñ boek aangepak het, en voltooi het, is amazing. Daarvoor is ek te skrikkerig. Ek dink ek sal self ook so ñ foto joernalis kurses wou volg. Ek stem saam met jou, goeie fotos verg beplanning en insig. Ek wil dit graag leer. Soos jy op my blok kan sien, is fotos baie belangrik. Ek kan nie sonder dit skryf nie. Al moet ek dit op Google leen, dit vat my ure om die regtes op te spoor. Klink of jy beter voel?

        Like

  3. Ouma het altyd gese sy vrowtel in haar kamer, op die vraag wat doen sy. Soms as ek tuis kom sal sy se, sy het heeldag gevroetel. Baie gewonder en gedink, tog beskryf dit my eintlik mooi…

    Ek vroetel hier rond, vroetel in my tuin. My terapie en so groot vreugde vir my, my stres ontlader, my dink plek, my kreatiewe plek.

    Nou dra ek emmers water om my plantjies te lawe in hierdie droogte-water skaars tyd. My hart breek as ek hulle sien kwyn, so traveler vir my kerskous vra ek reen, al is dit nou buite ons tyd, vra ek reen, baie reen…..

    Liked by 1 person

  4. Goeie geselskap, iemand (gewoontlik my ma of my vriendin) by wie ek net kan “praat” oor wat op my hart is.
    En dan, meer persoonlik, aanraking en liefkosing dit maak my beter voel, weer heel voel. ‘n Paar arms wat se: “dit is ok en dit gaan weer ok wees”

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s