ñ Stapdag.

(fotos:Google Images)fototo

In Java, Indonesië, is daar dorpe wat bestaan uit meubel fabrieke en winkels. Jy stap letterlik by jou blyplek se voordeur uit, en trap die eerste uitstallings raak. Dit ruik net hout.

Hulle noem dit djatihout, (Tectona grandis), of Burmese Teak. Dit is ñ tropiese hardehout spesie, van die familie Lamiaceae.

bali-indonesia-woodcarvers-working-on-window-frames-in-workshop-e50m79

Die strate is goed versorg, teerpaaie. Maar draai jy af, wag ñ ander wille wêreldjie jou in.

Jy volg grondpaaie tussen die digte plantegroei deur, jou nek gaan behoorlik in ñ spasma in soos jy waarneem. En jy kan jou net so skielik teen die see vasloop. Ook hier waar baie van die skeepshout gevind word wat nou so gewild is as meubels.

555

Hierdie soort stap tussen die ‘meubel plantasies’, is terapeuties. Dit vat jou weg uit die normale leef wêreld, en sit jou karplaks neer tussen ‘skeppers’. Mense wat hout ‘eet, leef, en slaap’.

am8jnkx_700b_v1

Loop lank genoeg rond, en jy kom op ñ paar rare kunswerke af.

1b88f525b8c4454c62b5cab972d8f5e5

Hierdie is ñ replika van ñ 1955 Mercedes Benz 300 SL Gullwing.

Sulis, haar man en die twee dogtertjies stap almal saam op so ñ ekskursie. Alleen, sal ek verdwaal, letterlik en figuurlik. Want jy raak weg in hierdie wonderwêreld van ander se drome en skeppings. Jy drink die eenvoud van hul bestaan in, die gasvryheid waarmee hulle jou in hul plekkies innooi. Die familie word nader geroep en aan jou voorgestel, en voor jy kan keer, is ñ tafel met eetgoed uitgepak.

eat-shop-in-yogjakarta-by-cesar-gonzalez-e1452668082593

As dit begin skemer raak, is jy traag om terug te draai. Behalwe dat jy werklik trommeldik geëet is, wil jy nog ñ rukkie in hierdie basiese lewe ‘voel’.

Het jy tyd nodig om jou kopstories te orden, sodat die onthou nie wegloop nie…

asia-indonesia-java-jepara-woodcarving-5089

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

36 thoughts on “ñ Stapdag.”

    1. Hello Toortsie. Help weer asb. Hoekom kom ek nie reg om die http sites wat so onder aan sommige kommentare verskyn, oop te maak nie? Of wat beteken dit? Al wat oopmaak is ñ bladsy vol alfabetiese simbole en syfers.

      Like

    1. Dis omdat ek myself vandag moet opbeur, dat ek daar gaan ’ronddwaal’ het. Moes myself uit ñ gat uit skryf. Java en Bali is nie naby mekaar nie, mens moet tussen die 2 plekke vlieg. Maar ons sal effens dieselfde goed kan doen op net Bali. Java is ñ anderste ondervinding, radikaal moslem land. En die plekke is ver uitmekaar. Dalk wil julle eers net Bali doen, dit alleen gaan mens 2 volle weke besig hou. En as jy ñ ruk net wil chill, 3 weke. As die finansies dit toelaat, kan julle Java toe ook. Maar dit is meer vir mense wat aankoop en meubels laat maak. Tog, as daar genoeg tyd tot jul beskikking is, doen julle so twee nb plekke op Java, en sien dan ñ groot deel van Indonesië. Heeltemal anders as Bali. Heeltemal.

      Like

      1. Anneli, dis nie uitgeskryf nie. Wel uitgehuil. Ek het vir my ń cd bymekaar gesit met van my geliefkoosde liedjies op. Dit speel ek dan kliphard die uur in die kar van die werk af huis toe. Soos: Sound of Silence, Halleluja, The Story, Beauford Wes, Seasons in the Son, Bee Gees se First of May en Holliday, Sylvia’s mother, van Leona Lewis se musiek, Outlander se temamusiek, Abba se The Winner Takes it all, en dan vJesus Culture se musieke. n Mal lot deurmekaar. Maar dit werk. Soms.

        Liked by 1 person

      1. Ek hoop ek kan saam gaan! Dit sal die lekkerste lekker wees. Merapi het veroorsaak dat vliegtuie ń ompad moes vlieg tot in Singapore. Ek was nie daar nie, maar het vasgenael voor die tv gesit. Bali is glad nie daardeur geaffekteer nie. Alhoewel dit nie so ver van mekaar af gebeur het nie. Mens voel dikwels op Bali ook die aarde bewe. Opwindend. En scary vreemd.

        Liked by 1 person

      2. Is dit waarna jy verwys? Ek besef nou jy praat nie van die vuurspuwende berg nie. Nee, die aardbewing van Indo het Bali nie beinvloed nie, maar Bali het sy eie aardbewing so 3 of 4 jaar terug gehad..

        Liked by 1 person

  1. Ja ek wil graag saam met jou dié wereld beleef! Ek glo hulle kreatiwiteit sal my inspireer om my eie kunsinnigheid wakker te maak en te waag. Ek verlang na hulle eenvoud

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s