Sulis, waar kan ek…

(fotos:Google Images)dsc_0197

…potte kry?

Hier in die middel van 2004, na menigte navrae by ons winkel, besluit ek om potte by die houtmeubels te voeg. En natuurlik weet Sulis presies waarheen om ons te vat.

In die middel van Java is daar ñ geheime dorpie. ñ Pottebakkers dorpie. Eens jy hom ontdek het, raak jy soos ñ kind met ñ kerskous. Elke keer as jy iets uithaal, gee jy ñ uitroep van opwinding.

kasongan-gerabah

Die dorp ‘leef’ klei. Stap na die agterkant van ń winkel en jy vind mense besig om met klei te werk; ander weer rond af. Oonde verander die omgewing in ñ bakoond, maar jy beur voort.

SONY DSC

Jy begin vermoed dat daar skatte begrawe is, skatte wat net vir jou lê en wag. So al stroom die sweet oral af, al drink jy water soos nog nooit tevore nie, jy trotseer die ongemak.

batikkayu3

Indien jy dringend ñ badkamer nodig kry, is daar ietwat van ñ probleem. Want ñ Sulis word eers benoud nader geroep om te kom ‘demonstreer.’ Geen Westerling verstaan die ‘fyn nuanses’ van ñ Java toilet nie. Jy moet eers oefen. Dit nou daar gelaat, op ñ ander stadium sal ons weer hierop ingaan…

pottery-handicraft-from-kasongan-yogyakarta-indonesia

Net soos op die Bali eiland, bewaar die Javanese ook hul ‘kuns’ geheime. Moenie sommer net fotos neem agter in hul werkswinkels nie, nee, vra eers toestemming. En meeste van die tyd is ñ kopskud jou antwoord. Maar om daarvoor op te maak, bied hulle jou dadelik ñ drink ding aan.

batik-gerabah-6

Tydens ons omswerwinge deur Thailand, Kambodja, die Fillipyne en Indonesië, was niemand nog ooit openlik ongeskik nie. Nee, inteendeel. Jy is oral welkom, kom net hul basiese reëls na. Toon respek, en jy word met armsvol gasvryheid beloon. So ñ eenvoudige resep…

kerajinan07

Mens is traag om die dorpie laatmiddag te ‘laat gaan’,en terug te keer hotel toe. 

Nog ń nuwe ondervinding om soms aan te proe, ń onthou wat nie sal verdof nie.

Want jy kon hom leef.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Sulis, waar kan ek…”

  1. Hoe goed onthou ek my eerste besoek aan hierdie dorpie…

    Ek was totaal in vervoering oor soveel prag, vakmanskap en die hele atmosfeer. Dis een plek wat dadelik my hart gesteel het. Dis totaal aards, ru en uniek. Ek het daardie dag soveel lugkastele gebou. Dit was verantwoordelik vir die ontstaan van my winkel en nog vele besoeke aan hierdie juweel. Soveel wonderlike herinneringe gemaak daar.

    Altyd sal ek die dag van die bebek onthou. Ons twee so ernstig om tog net nie “christen” verkeerde ding te koop nie. Sulis wat op ons vrae net antwoord. “It is a duck Una, just a duck” verbaas oor n dom vraag volgens haar.

    Liked by 1 person

  2. Kuns…dis ongelooflik mooi…klei kan mens nogal laat wegvoer na ‘n plek waar jy net jouself kan wees en kan skep. Ek het lanklaas met klei gewerk, maar die gevoel daarvan bly mens by. Moet sê, die potte is ongelooflik pragtig…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s