Om nie die woorde te hê nie.

(fotos:Google Images)St. Mark's Basilica (Chiesa di San Marco), Piazza San Marco, Venice, Italy

“At a loss for words”. Ek kom nooit daar nie. Kan altyd iets opdiep om te sê.

En tog. Net langer as ñ jaar gelede het hierdie punt aangebreek. So half nege een oggend. In Venesië, Italië. Die woordlose uur.

venezia-25043

Die Basilica of St.Mark. Die eerste gebou is in die jaar 832 opgerig. In 976 is dit gerestoreer na ñ groot brand. Weer en weer word hieraan gewerk, tot in die 16de eeu.

Ons moes lank in ñ tou staan en wag om in te kom, net ñ paar mense op ñ slag. Geen fotos, geen praat, ñ ietsie oor die skouers vir die vrouens.

Maar niks van wat ek tot nou toe geskryf het beteken enige iets nie. Nie eens jy binne is nie. My kop het leeg geraak, alle sê het uitgeloop. Soos nou weer. Vanoggend kom ek op ñ paar fotos af wat tog die praat prikkel. Die onthou kanaal oopmaak.

Net om alweer oor my dink te struikel. Aardse goed beteken niks. En tog. Ek is ryker na die sien. Die proe van kleur raak weer sag op my tong. Ek onthou my asemhaling wat hard in my eie ore geklink het.

In die stilte van verwondering.

st-marks-basilica-di-san-marco-venice-italy

(aan my Nadi kind wie se hart agter gebly het)

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Om nie die woorde te hê nie.”

  1. Al die mooi ou meesterwerke, fresco-dakke en argitektuur…mooi gecapture in jou sprakelose woorde! Ek weet wanneer ek daar is, is dit my herkoms. Ek het kom iets hier doen en wil dan graag weer her-kom hoewel ek weet Europa het vandag ook maar sy eie challenges, oorval met daardie wat nie ‘n meesterwerk noodwendig sal erken nie.

    Liked by 1 person

  2. Dink ook nie woorde is nodig nie, en as dit ons sprakeloos laat dink ek aan die woorde in 1 Corinthians 2 “What no eye has seen, what no ear has heard and what no human mind has conceived, the things God has prepared for those who love him.”

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s