Kyk maar liewer waar jy loop…

(fotos:Google Images)jalanan_1

Ek besluit een jaar om ñ paar aande in Indonesië se hoofstad, Jakarta, oor te bly. Land gewoonlik net vir ñ paar ure daar, oppad na die ooste van die land.

Nie iemand wat sommer alleen kanse vat nie, het hier baie beplanning ingegaan. Die res van die familie was nie seker dat ma hierdie nou so op haar eie moet aanpak nie, maar wat-wou. My lysie van areas om te besoek mooi opgestel, diep gedink voor ek op ñ blyplek besluit het, al die gevare van ñ vrou op haar eie in Jakarta opgelees. En daar gaan ek.

jakarta-a-city-of-30-million

Die stad met sy 30 miljoen inwonwers was aanvanklik intimiderend. Ek kom van Harties af, en ons het ook soms spitsverkeer. Soos Sondae as die kerke uitkom. Hierdie was ietwat anders.

xxjakarta-web1-master768

Die area waar my hotel was, was in die industriële deel van die stad, want slimjan soek “bargains”. En dit het ek gekry. Met my padkaart mooi uitgestip, het ek soggens die markte aangedurf, aankoop geld styf teen my lyf vasgeknyp.

So stap ek die dag nóg ñ nuwe paadjie, effens vinnig want dit was vroeg en baie min mense nog op straat. Besef dit was dalk ñ fout, defnitief gevaarlik so vrou alleen.

Ek loop-hardloop om ñ hoek, en struikel oor iets in my pad. Gryp verward in die lug rond om my balans te herwin, en val teen die rolstoel.

Met net ñ kop op.

images

Net ñ kop, een groter as die gewone manskop. Met oë wat myne onmiddelik aangluur en my uitdaag om ñ geluid te maak.

Wel, ek het nie ñ geluid gehad nie.

ñ Kop sonder ñ lyf. ñ Lang kop. Een wat asem haal.

Ek het omgespring en my waardigheid probeer herwin, net om myself ‘kadis’ in ñ lamppaal vas te loop. En weer op die sypaadjie te land.

Ek kén gestremde mense. My ma het 40 jaar lank in hul skole skool gehou, van my beste maatjies was in rystoele.

Maar net ñ kop?

Ek is vroeër terug kamer toe, met ñ geknakte ego en ñ seer lyf. Sowaar, daardie aand blaai ek in ñ eetplekkie deur ñ tydskrif. En daar sit hy. In die boek. In sy eie artikel. Die groteske kop op die stoel. ñ Baie bekende mediese geval wat wêreldwyd bestudeer word.

En ek. Ek val oor hierdie mediese wonder tussen 30 miljoen ander.

Wow.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Kyk maar liewer waar jy loop…”

      1. Dit was lekker moenie dat die “af” jou nou ook beetkry nie, ons is genoeg wat huidiglik in sy greep is. Ek lees lekker aan jou goed en word menigte kere meegevoer deur jou skrywe. Maar gelukkig is ek hier en floreer ek in die anonimiteit en goeie geselskap wat nie omgee vir moed inpraat, of mens se selfvertroue net ‘n slag of wat ‘n hupstoot gee. XX

        Liked by 1 person

      2. Beslis, want ek het regtig gevoel asof almal dit so fanatasties regkry, hoe is dit dat ek so sukkel om als bymekaar te hou – toe nie, want daar is ‘n menigte wat sê “been there: blah, blah en met dit besef ek in hierdie wereld is ons almal op gelyke speelveld, almal loop net nie gelyktydig voor nie. Dit is bevrydend! En beslis minder intimiderend.

        Liked by 1 person

      1. Nee ek was by Pretoriaskool in PTA , Prestasieskool in Germiston en Frances Vorwerg in Southdale Johannesburg. Ons kinders is soms Mriel Brand toe oorgeplaas en andersom

        Like

  1. Ek wou nou lag maar aan die ander kant dink ek gaan ek vanaand nagmerries hê oor daardie kop in ‘n rystoel. Liewe dis grillerig, en toe moes jy nou juis oor hom struikel. Nou wil ek alweer lag…. maar met so ‘n hol maag.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s