Die groot trek.

(fotos:Google Images)wallup.net

Dit het gister amptelik begin. Die trek van ons winkel terug Harties toe.

Vir die afgelope paar maande probeer ek hierdie oefening in my kop deurwerk. ñ “Mercy” persoonlikheid hou glad nie van verrassings nie, ook nie van verandering nie. Ons het nodig om lank voor ñ skuif eers emosioneel ‘reg te skuif’. Deur die rouproses te werk, aan al die moontlike probleme en foute wat met hierdie groot besluit gepaard gaan, te knaag. En dan gelate oor te gee. Defnitief ietwat pateties.

Ek was steeds nie reg vir die sprong nie. Maar my man weet al, soms is dit nodig om my oor die bultjie te stamp. Gewoonlik gaan dit gepaard met skop en skree, en dan raak ek rustig. Nerwe af.

So hier sit ek nou, die laaste trokkie van die dag is so pas weg. Wyn. Wyn sou nou kon werk. Glasies vol.

Die uur snelweg lê egter en wag, so eerder nabetragting doen…

Dit is die regte besluit? Die deur wat so wawyd oop gegaan het is van die Here af? Besigheid moet weer optel? Dit sal werk…dit moet werk…Dalk moet ek dit eers stop. Dalk is ek te haastig. Dalk.

Mmm. Irriterend, ek weet. En dit is wat in my kop aangaan terwyl ek vriendelik vir die kliënte glimlag. Dit is wat arme Bertus vanaand saam mee in die bed moet klim.

ñ Vrou met stemme in haar kop. Een wat die bobbejaan agter die berg gaan soek en uitlok.

Vir hom kos gee, water ook.

Soos ek reeds gesê het. Pateties.

maxresdefault-2

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

32 thoughts on “Die groot trek.”

    1. Ok, hier doen ek nou die glasie wyn. My winkel was 11 jaar lank in Harties, hier waar ons bly. In 2013 teken ons ń 3 jaar kontrak in Rustenburg Mall, om te kyk of dit beter werk. Maar nie. My woestyn tydperk geword. Kontrak is nou verby, geldjies skaars. Kry toe uitnodiging om terug te trek na presies waar ek was. Die area is intussen oorgedoen in ń Dining Theatre, baie soos ń Barnyard, Wedding Venue, restaurant en organiese mark. So hier gaan ons. En ‘check’ my, ek gaan my neus in al hierdie ander dingetjies ook steek. Veral die opvoerings! Gaan hopenlik vriende maak met ń paar bekendes in die musiek en toneel wêrld. Hierdie ‘kluisenaar’is lus om betrokke te raak.

      Liked by 3 people

      1. O goeiste Rencia, omtrent als wat mens in Bali kan kry. Meubels hoofsaaklik. Maar dan ook ń magtermenigte décor artikels. Dalk kan jy my facebook page opspoor. Google iets soos Bali Furniture, dan kyk jy of jy my in Rustenburg opspoor. Daar behoort ń klompie winkel fotos op te wees.

        Liked by 1 person

  1. Wow vriendin! Nie besef dis al sulke tyd nie! Ek veg met HR wat nie my pensioen reggedoen het nie. Hulle het meer as drie naande gehad om alles in plek te kry en ek wat uitvind op 8 Des dat my goed reject is!!!! Trane en frustrasie om alles in plek te kry bir 1 January 2017!😢 Toe die volgende skok toe ek uitvind ek moet R29 000 inbetaal vir tax😳😳😳. Hoe is dit moontlik en net om uit te vind dat Head office het moontlik n fout gemaak met my IRP5. My travel allowances het van een maand verdubbel van n totaal van R57000 na R115000! Dit is veronderstel om R68000 te wees. Al die bewyse al die briewe skryf en seker maak ek maak alle moontlike gatjies toe! Nou hoor ek ek moet eers betaal en dan kan ek met my bewyse kom!!!! En ek moet regmaak vir die vakansie?!?!? 😂

    Sent from my iPhone

    >

    Like

  2. Soms vat die lewe jou op ‘n joy ride…(less joy than one often hopes for) …to end up back, with your feet on the ground and knowing you are back on firm footing, ready to take on the next big ride…ons kom mos om te leer? Blessed are the ones in search of their true destiny…an ongoing travel

    Liked by 1 person

      1. Agge nee man, hoe is dit moontlik dat julle als sommer so gelyktydig trek. Ek sal my vergryp aan die Merlot, nevermind ‘n glasie… wag ek gaan nou sommer saam met jou drink. Nie ‘n bottel nie, net ‘n glasie want ek doen nie die massa trekding nie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s