Is hier iewers ñ toilet asb.

(fotos:Google Images)Squatty

Dit was van die begin af ñ tammeletjie, dié ablusie geriewe in Suid-Oos Asië. Soos my skoonpa sou sê, dis ñ ander kerk se mense dié.

Van dag een af het ek en Bertus gegiggel oor hul vreemdheid. Op ñ oornag trein in Thailand het hy my benoud kom vra om hom asb. te kom help. Die piepklein badkamer was van hoek tot kant uitgeteel, heel netjies. Die toilet ‘opening’ was egter bo-op ñ halflyf hoogte stillasie. Te hoog vir my man om die ‘mik ding’ te doen. Toe klim hy bo-op. ñ Trein se plafon is egter baie laag. Om nou weer te mik, terwyl jy vooroor buig met jou kop vas teen die plafon, jou broek op jou voete, en die bewegende kajuit se geskommel, loop uit op ñ fiasko. Want jy moet aan die muur vasklou om te balanseer. En jou knieë in die proses ook knak.

Plat sit werk ook nie, hoor. Die opening is te diep na agter, so jou bene steek reguit voor jou uit.

Ken steeds nie die antwoord nie.

By ñ volgende oornag plek was daar instruksies in Engels agter die deur vasgegom. Mooi duidelik, met ñ tikkie humor by. Iemand het ons twee seker sien aankom.

1ikN6lT

In Yogjakarta weer, was daar net ñ vertrek met ñ water emmer en ñ beker. Gordyn voor. Geen opening êrens. Sulis moes toe maar kom demonstreer, want die nood was groot. Jy hurk enige plek, en na die tyd vat jy die water en spoel oor die plassie. Vloeistof syfer teen die kante af. Maar moenie verder vra nie. Ek weet nie. Wag vir jou hotel kamer.

toilets-sultan

 

roman-toilets-111025

070424_worldtoilet_vmed_.grid-4x2

_86768371_hi030149771-1

“It’s a man’s world” is al wat ek kan sê. Gelukkig is dit oral baie warm, so jy sweet. Die hotelle se badkamers is lieflik, maar as jy nou soos ek agter “bargains” aan ploeter, in nywerheidsgebiede, knyp jy maar oë toe.

Oppas egter. Maak seker jy is alleen…

snake_in_toilet.jpg.CROP.promovar-mediumlarge

Fluit fluit, my storie is uit.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Is hier iewers ñ toilet asb.”

  1. My vrou, daar is HORDES toilet-stories wat ons oorgekom het da doer ! Dit sal GLADNIE vir n honeymoon couple ooit kan werk nie. Daai deel van jou honeymoon-ontdekkings, stel mens mos maar uit na so maand 6 se koers. Dan is allie skaamte weg en jy vra en “let go” makliker. Suidoos Asie is egter nie jou speelmaat met die behoeftigheid nie ! n Ou se blaas gaan mos ongeerg en onbeheersd aan die ontspan sodra hy besef toilet se kind is naby. Dis n groot fout op Java ! jy mag dalk naby of selfs in wees, maar dis GLADNIE te se jy gaan weet “hoe” nie . . . Dan is dit “reverse” toe met al daai spiere wat beginne ontspan het ! . . . Oe dis rerig erg !!

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s