Om die jaar se stof af te was.

unnamed

Om na ñ lang dag onder die stort in te klim en die stof af te was, dít is maklik. Om ñ jaar se vullis af te krop, moeiliker.

Iewers in die berge behoort daar ñ waterval met reinigende waters te wees. Die paadjie soontoe sal bebos te wees. Maar om dan daar aan te kom…

Bali-Uma-by-COMO-Ubud-15

Om die jaar se verkeerde besluite te kan herroep. Die verkeerde woorde terug te sluk. My selfvernietigende optredes af te stroop.

Om seerkry op te diep en te laat leegloop. Wonde se etter te laat skoonspoel.

Sommer so alleen, net ek en my siel onder helende water.

Die paadjie soontoe gaan die moeilike een wees. Elke tree beteken iets word afgelê. Dalk die eie ek wat so graag geregverdig wil voel. My innerlike gelowe wat op selfsug gebasseer is.

Die skanse sal platgeploeg moet word.

En sal ek naak staan.

Eers dan kan my vel die water voel. My hart die druppels hoor.

My gees vernuwe word.

271515-bigthumbnail

Eers dan kan ek die nuwe jaar in tuimel en dans. Met nuwe hoop en vertroue. En krag.

(geskryf vir my Here)

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

21 thoughts on “Om die jaar se stof af te was.”

    1. Seker die tyd van die jaar, Nena. Ek wil SO graag nie onnodige ding saam in die nuwe jaar insleep nie. So graag net meer suiwer kan loop. Dit is goed om te hoor jy het die stuk waardeer. Mag jou bospaadjie ñ gemaklike stap teweeg bring.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s