Kom swaai ñ rukkie saam met my.

(fotos:Google Images)f1605e235b32a771e8ecc74f47f0e62d

Ek wonder wie ek sal nooi. Met wie in die ganse wêreld sal ek vir ñ paar ure so in die water op ñ swaai wil kuier.

Net een kans om te kies…

Iemand uit my verlede dalk, van wie ek antwoorde verlang. Of ñ goeie vriendin wat oorsee bly, om weer in te haal? Iemand soos Joyce Meyer om by te tap?

Dalk ñ gewese kêrel, net om te gesels? (ja Bert, ek weet jy lig nou jou wenkbroue).

Of sal dit die mees suksesvolle besigheids magnaat op aarde wees, wat kan raad gee.

Ag nee, hierdie moet ñ lekkerkry kuier wees, en ek wil kan lag. Hoog swaai en giggel.

So dit sal iemand moet wees met wie ek gemaklik is. Iemand wie ek vertrou, en my verstaan. My taal verstaan. My hart verstaan. Wat weet wat my laat lag. My laat huil.

Daar is sulke ‘gene’, defnitief. ñ Paar vriendinne. En die kinders. Natuurlik my man, maar saam met hom kuier ek meestal.

Ek hoop jy ken ook ‘diesulkes’. Hulle wat help bou aan jou lewe. Saam met wie jy heel voel, en kan sprankel. Wat paaie saam met jou geloop het en ñ stukkie van jou hart besit.

En ek hoop daar is iemand wat op hulle beurt my sal wil uitnooi.

Vir wie ek ook ñ stukkie sonskyn bring.

p1110019-002

Here, help my om in die nuwe jaar sag te loop in ander se lewens, mooi te werk met ander se drome. En in die proses te giggel van plesier.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Kom swaai ñ rukkie saam met my.”

  1. Ja, en die prentjie-swaai issie sommer net n photoshop nie . . . hy bestaan rerig ! Ek wil ook NOU op daai swaai wees . . . buite bereik ! En ja, dit MOET saam iemand wees, want die alleen-swaai en alleen-kuiers so met jouself is gewoonlik wild vd emosie ! Iemand lekkers . . . En iemand wat eintlik NIKS van my moet weet nie.

    Liked by 1 person

  2. Ons as mense het sekere drome in ons lewe wat soms ons lewensmaat nie verstaan nie. Dan word dit bietjie moeilik in die wereld. Maar ons bou en maak kinders groot en pak die lewe by die horings. So storm ons soms voort en vergeet van ons droom, en op n dag loop jy iemand raak wat jou droom verstaan. Voor die dae van blogs en facebook was ons wereld in n sekere mate beperk sonder dat baie van ons dit geweet het. Ek sal ook saam swaai.

    Liked by 1 person

    1. Ek dink die kinders is dalk ń veilige keuse. Die buiteruimte wese sal voorwaar interressant wees, ek glo so. Iemand wat jou hart verstaan…ai, smag ons nie almal na so ń iemand nie. Lekker om van jou te hoor.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s