Kerfie daag soms vroeër op…

20161223_182331

So het Kersvader nou op die 23ste by ons opgedaag. Want Boeta moet môre terug tehuis toe. Gaan wel NOG ñ present kry, maar vanaand half sewe, hier in Harties, het die Rooi Baardman betyds sy teenwoordigheid getoon.

Ons beleef steeds chaos. Werklik. Vandag het die winkel oorgetrek, ons moet die Mall perseel ‘spiek en span’ los, en dit is bloedig warm. O ja, en ons trek huis ook tussenin…

Dit is nou 7 uur, manlief nog besig met uitverf in Rustenburg. Ek het saam met die trokke deurgery, en als is afgelaai. Ou huis toe gejaag, en vir Boet op die stoep aangetref. Hoekom? Hy soek vir Kerfie op die water. Hy weet van die briefie wat geskryf is, Kersvader, bring asseblief Boeta se presente vandag, want Noena en Bertus moet môre Richardsbaai toe ry. Neil verjaar op Kersdag, en hulle wil graag bietjie by hom wees. So asseblief Kerfie, maak half sewe Vrydag aand by Noena hulle ñ draai. Met my 11 geskenke.

So het Kerfie toe aangeklop, en walla… daar lê die 11 geskenke voor die deur. Arme Bertus mis hom sowaar! Darem was Ousus hier, dankie tog, sê Boeta.

Arme Bertus werk seker vanaand deurnag om klaar te kry. My maag pyn vir ñ vale na die operasie en nimmereindigende op en af laaiery.

Maar, Kerfie was hier!!!!

Geseënde Kersfees al my skriffel vriende…nuwe woord vir blokkers.☺☺☺

download-1st-january-2015-hd-wallpaper

Boeta se geskenk lysie: Pieter Koen se nuwe CD.

Joanita Claasen se nuwe CD. Romanz Cd.

Nuwe oorfone. Skryfboeke, penne, cokies, dik inkleurboek, inkleurkryte, skerpmaker , liniaal, uitveër. Stel trokke, stel brandweerwaens, ambulanse, en polisie. Nuwe almanak boekie vir 2017. En Rugby en krieket tydskrifte.

Jip, dis ons 54 jarige Boeta.

Moeks, ma kyk sekerlik van daar bo af. Wonder of julle Kersfees op aarde onthou?

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “Kerfie daag soms vroeër op…”

    1. Nee Louwie, ons bly op Harties, trek net na ñ grote huis toe, steeds in Kosmos teen die water. My winkel trek van Rustenburg af Harties toe. ñ Baie groot stap. Dankie vir jou wense, Una. My boet is 54, maar het die verstand van ñ 4 jarige. Hy noem my Noena. Maar jy is welkom om dit ook te doen. Makliker as Una.

      Like

    1. Dankie vir die mooi wense, Seegogga. Ons het dit nodig. Kry regtig swaar oor my kind. En dit lyk nou asof Janét se dogtertjie van 7 dit ook oorge-erf het. Hierdie skildklier outo- imuun siekte. Ek probeer dit op die oomblik uit my kop sit, totdat daar bewyse is in die nuwe jaar. Mag jy en jou gesin armsvol liefde en vrede van ons Vader ontvang in hierdie Kersseisoen. Jy is vir my ñ kosbare ‘skriffel’ vriendin, en een van hierdie dae ontmoet ons mekaar dalk.

      Liked by 1 person

  1. Bly Kerfie het dit gemaak. Ousus, kyk na jouself, ek ys om te dink wat jy alles opgetel het. Maar ek is so bly julle gaan nuwe jaar in en daai langpad is oor. In Harties, by die dam. Veilig ry en geniet dit vreeslik. Mis julle stukkend,x

    Liked by 1 person

      1. Nee wat, glad nie daar is te veel mense wat erger hierdie tyd vd jr deur moet maak. Aardse goed. My vriendin verpleeg Lise Brink in Unitas hospitaal se ICU, wat haar 2 kinders aan die dood moes afstaan en self baie erg seergekry het, haar been verloor het, nog baie trauma gaan moet verwerk, wat is ‘n pr krapmerke en ‘n alarm wat nie werk nie?

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s