Oppad huis toe, draai ons in die sewentiger jare.

Òns musiek. Kliphard blêr “I can see clearly now…, I won’t give up…, I love you Timothy, You, Wake up little Suzy, wake up…, S.O.S.”

Ons twee sing heerlik saam, doen ń paar moves so sit-sit terwyl ons oë die lang pad afmeet. Kort duskant Bethal, en die onthou van jongtyd kom lê op ons skote. Ons langspeelplate, Springbok Hits, en die hi-fi’s. Dieselfde onnies op hoërskool, my mooi kuite en blou skool panty as die wind die rompe so terg. Juffrou Engelbrecht met haar liniaal en ons wat nie voor mekaar durf huil nie. 

Sy ‘verraad’ toe hy my in standerd sewe met ń tweeling verneuk. Glo omdat ek te veel gelees het. 

En tog, hier sit ons twee, 42 jaar later. Langs mekaar. Oppad na nog ń nuwe begin, nuwe huis, nuwe besigheids perseel. 

Eerlik, ek is bang. Bang om weer wortels te plant. Bang vir nóg ń uitdaging.

Maar dan soek jou hand myne. En ek weet ek gaan ok wees. Want jy is nog daar. My standerd vyf liefde wat vir soveel jare ń ander paadjie gevolg het. En ek wat my eie berge moes klim. 

Ons gaan ok wees.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

8 thoughts on “Oppad huis toe, draai ons in die sewentiger jare.”

  1. Het nou al n kommentaar gelewer, maar blyk my hy ga le elders inni kuberruim ! So my vroulief, hie gaan ek weer : Hierie journey is n boek-vol saam jou : Van Afrika tot SO Asie. Van Lodge tot invoer tot veiling . . . My kids, jou kids, ons kids . . . Dis n dik boek die ! My streke is baie. Jou mercy-persoonlikheid ken nie grense nie. Die rit het stofpad begin, toe paar pothholes gestamp, en nou, die afgelope 8-10 jaar het ons die voorreg van n top-gehalte teerpad. Partymaal wonner ek oor die aanhoudende gesmooth-sailing . . . Dis wonnerlik. Dis nog n groter blessing. Dankie ou girl. Die nuwe seisoen van huis en shop maak my SO opgewonde !! (en so ter loops : Dit was n maroon panty wat daai winde van Delmas my destyds toegelaat het om te “glimpse”) . . . knipoog ! Lu

    Liked by 2 people

  2. Aah dit is nou mooi – neet wat ek glo ook dit sal super goed gaan.
    Jy moet bietjie kom skryf oor die jare tussen st 5 en nou – as ek reg verstaan was julle nie die hele tyd saam nie – “jou kids, my kis en ons kids” klink na n mooi storie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s