Geen ander manier gaan werk nie.

(foto: Google Images)5827136e0d1fe2fe5d51b69292672233

Eerlik. Ek is bietjie angsbevange oor die nuwe jaar. En ek wonder self hoekom.

Hoekom, as ek weet dat my God heeltemal in beheer van my lewe is. As ek weet dat selfs elke asem teug binne Sy wil is.

Ek voel al heel dag benoud, bang vir vanaand twaalf uur. En ek weet dit klink verspot, as almal om my partytjies beplan en in ñ heerlike oujaars luim is. Die dam krioel van bote, mense se stemme kom oor die water aan gedobber.

Tog is daar ñ rustigheid in die lug, so asof die natuur ook die nuwe jaar wil ontvang.

Ek verlang na U Here. Na stilte saam met U. Vrede in U. Kon ek maar vandag iewers hoog in die lug by U vertoef het. Net ek en U. Ek belowe ek sou nie vrae gevra het nie. Net by U wees. U teenwoordigheid net by my.

Tog weet ek, dis reeds gedoen. Voor ek kon vra, maak U reeds plek vir my. Praat U met my gees, vat U my hand.

So vanaand Here, as die nuwe oomblikke van 2017 aanbreek, fluister asseblief in my hart my naam. In U stem. Weer.

Want geen ander manier gaan werk nie.

cktgyaxw0aayqhy

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “Geen ander manier gaan werk nie.”

  1. Weet jy, 2017 gaan awesome wees…en dit gaan liefde, vrede, geluk, vreugde en baie blessings inhou…ons skuif negatiwiteit terug in 2016 in en behou positiwiteit vir 2017…baie lag, stories vertel en weet jy’s ‘n kunswerk van Meester…

    Liked by 2 people

  2. Heimwee vul my altyd op die oujaar, die verlang na my hartsmense. Ek is bly 2016 is verby, 2017 kan net beter wees. Ek wil die kosbaarhede in die jaar in my trommeltjie pak en die goor agter los en my losmaak daarvan. Soos n slang sy vel afgooi wil ek al die sleg afgooi en nuut begin. Jou 2017 gaan ook nuut wees vriendin is baie opsigte, genadig weet ons God is onveranderlik in Sy wese, Sy liefde en Sy genade.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s