En jy dink jóú baas is ondankbaar?

(fotos:Google Images)3622941c54aa7dc488a5804dcd25c0df

Bali het werkerseende. Oral. Veral vroeg oggend kan die verkeer taamlik opgehou word. Want hulle kry voorkeur.

As dit jou eerste besoek aan die eiland is, wonder jy so by jou sigselwers waarheen hulle oppad is. En hoekom.

p1020434

Oppad om hul daaglikse … goggas te verdien. Hulle steek ñ straat netjies in rye oor, en verdwyn die volgende oomblik in die ryslande. Soos wat hulle beweeg, vlieg die insekte en peste op en word hulle gulsig gevreet. Dus geen gifstowwe op die rys plantjies nie.

Met die geweiery, val hul mis op die lande, en is dit gratis bemesting.

bali-girls-at-a-festival

As ñ eend het jy ook jou trots, en jy tree dikwels voor ñ gehoor op. Almal waardeer jou. Maar net tot op ñ punt.

bebik-bengil-dirty-duck-diner

Jy lig nie sommer jou kop omhoog en kyk rond nie. Want wat jy nie raaksien nie, gaan jou nie pla nie. Moeg gewerk stap jy later die dag weer saam met jou oppasser terug hok toe.

bali-country-duck-walker

Net tot op ñ dag. Dis dan dat jy weet. Mevrou van die plaaslik eetplek stap saam, om die ‘slag’ ligter te maak. Een iets om aan vas te hou, jy gaan goed lyk op die bord.

bebek-bengil-2

En daar is reeds ñ beeldjie van jou opgerig, dié gaan vir oulaas geld vir jou baas inbring. Altyd iets om voor dankbaar te wees…dink jy.

5870439679_9769940719_b

Nee o genade!

(fotos:Google Images)6

Ek sukkel met ñ ding, en net soms, soos vandag, raak ek ordentlik vies vir myself.

Ek wil alewig alles verstaan. En ek praat nou glad nie van wiskunde en wetenskap nie. Was dít maar die ding. Nee, ek wil luister tot ek verstaan. Want slegs dan kan ek voorentoe of agtertoe tree.

My ‘prentjies’ moet sin maak. Al stem ek hoegenaamd nie saam nie, al is dít wat my brein moet verwerk ook hóé lelik, ek moet kan verstaan. Anders draai my wêreld op sy kop.

artcenterbali

Bali het my soms gewen. Soos met hul danse. ‘Lenong Dance’. Eenmaal gaan kyk, my bes probeer om die kuns daarvan te begryp, myself gekasty omdat ek hul musiek nie kan waardeer nie, gaan oplees en uitgevra, dit logies probeer bedink. Maar op die ou end, moes ek wegstap. En ek bly weg.

Met mense… Hul woorde en optredes, daarmee het ek maar ñ stryd. Ek weet ek oordeel baie selde, en as ek die slag tot by daardie plek kom, is ek moeg. Miskien is dit die ‘grense’ begrip. Myne is dalk nie so goed in plek nie.

So ja. Mevrou sal bietjie hieraan moet werk. As ñ dans nie vir mý ritme het nie, laat los. Moenie op die choreografie of die lirieke begin fokus nie.

Gee net die toegangskaartjie terug.

a56845d19412c650c9deacb3a6672fa1

 

even so, it is well with my soul.

Ek gaan hierdie “post” bewaar, vir die tye wat ek self nie weet watter kant toe nie. Dit is nie altyd prakties maklik om vas te hou aan jou geloof nie. Maar dit is al wat ons het.

heart prints

Trials teach us what we are; they dig up the soil, and let us see what we are made of.

Charles Spurgeon

1

April 2006

She fell ill with a fever that I could not contain.  I rushed her to hospital late at night and before we could gather our bearings, she was diagnosed with Chronic Kidney Failure Stage 3. I briefly remember admission into Little Company of Mary Hospital, the transfer to Pretoria Urology Hospital, the urologist telling me that the damage was so severe that they could not do a proper biopsy and another transfer to the Jacaranda Hospital where we met a nephrologist that would become a lifesaver. My daughter was seventeen years old.

I remember a downward spiral that would soon classify her as Stage 4.

A person with stage 4 chronic kidney disease (CKD) has advanced kidney damage with a severe decrease in the glomerular filtration rate

View original post 1,453 more words

Kan ek vir myself lag…

(fotos:Google Images)6b1a45c16ba7824ea7b6211dd375a4c0

Ek sit op hierdie Saterdag oggend in my winkelhoekie, en ek wonder. Lag ander ook vir hulself?

Of is daar iets fout met my. Ek kuier so op Google rond, nogal tussen die diere “funnies”, en ek herken myself in elke derde prentjie. Jip, daai is ek…ek kan ook so geskok lyk. Ja, en ek sal ook so ñ onnosel ding kan kwytraak.

cab7b1e7-1392-4a6b-8673-af9259cca4c6

My manlief lag gewoonlik vir my boo-boos, maar soms skud hy net sy kop. Dan vat ek maar die lag en draai hom om, dat hy binnekant toe kyk. Ook net vir ñ rukkie…

funny-animal-pictures-with-captions-008-023

Is dit die ouderdom wat jou gereed kry vir die tyd wanneer jy dalk gaan snaaks wees sonder dat jy dit weet. En as jy dit weet, dat jy nie sal kwaad raak as ander lag nie. Of, het jou kinders jou vroeg reeds voorberei op ‘lag vir jouself’. Veral tieners. Vir húlle mag jy werklik nie lag nie. Maar dalk herken jy jouself ñ bietjie as jy die front so moet voorhou…

artist-animals-funny-memes

Vanoggend het my blok vriende vergeet dat ek sit en wag vir bietjie humor. Toe besluit ek om myself maar te vermaak, is mos nou nie pateties nie. En sowaar, daar loop ek myself toe oral raak. Bring dit onthou tye terug, van oomblikke wat net ék van weet.

30-best-funny-animal-memes-of-all-times-5-funny-memes-animals-500x465

En vind ek ook ñ fototjie wat met my praat. Una, as jy ñ diertjie was, was dit jý hierdie.

top-50-funniest-jokes-in-the-world1

xxx

Bottelwater?Watwou.

22-jan-2017-757

Kuiers langs ons dam is presies dit. Kuiers. Ek vermoed eens jy ons damwater ingekry het, natuurlik per ongeluk, het jy ook die kuier ‘bug’ opgetel. Nee, darem nie die ‘colera’ een nie. Dit is die een wat jou Brits Medi-Clinic toe laat jaag.

Hierdie ander een is ñ ‘lag bug’, ñ ‘onthou julle nog-bug’. Om om die dam te bly, is soos om elke dag na werk terug te ry na ñ vakansie bestemming. Een derde van ons bly permanent hier. Vir die res is Harties ñ ontvlugting. ñ Vakansie bestemming. ñ Wegbreek van die gejaagdheid, na die inklok by die ‘ander huis’.

Daar is altyd ‘ander landse’ stappers langs ons kronkel paadjies. Soms verspotte jong manne wat in groepe die gastehuise inneem. En droogmaak. Ander landsburgers uit Gauteng wat eers na tien saans opdaag, en die musiek aansit. Ons sal sug, en ñ pilletjie gaan sluk. Nié sekuriteit skakel nie. Nee. Liewer op die maat van hul musiek ‘la-la land’ tegemoet gaan.

22-jan-2017-751

As al die lag van om die dam bymekaar gesit kan word, al die vriendskappe wat geleef word, al die onthoue en ‘cheers…’ Versamel dit en jy kry ñ gemeenskappie wat liefhet en koester. Al hak ons soms uit. Al land ons af en toe in die koerante. Ons is kunstenaars en bootliefhebbers, watersport fanatikuste en seiljag aanhangers. Ons maak flieks en sing ons longe los. Ons kuier saam in ons straatjies, en ondersteun al ons diverse kerk gemeenskappe.

Jy moét oorslaap, want ons laat jou nie terug bestuur nie.

22-jan-2017-758

Klink hierdie ietwat na ñ advertensie? Nee. Ons het diepte en stories. Baie swaarkry en hartseer. Maar ons dam versamel trane, laat jou toe om bietjie weg te sink. En dan…

Dan het jy ons water ingekry!☺☺☺

Oupa, bou asb vir ons ñ boomhuis…

(fotos:Google Images)23f64a73ce0076ac653c4b8dbd169787

Oupa sal groot droom, hy sien selfs ligte binne-in sodat die kleintjies veilig kan voel.

Maar hierdie gaan nie oor boomhuise of oupas of kleinkinders nie. Hierdie gaan oor vra.

Net jy alleen weet. Van jou vrese en jou bangheid en jou hart. Van die stil lê in die nag omdat beweeg net méér sal bybring. Van die kere wat jy liewer nie wil vra nie, want jy kan nie die sin ‘dink’ nie.

En tog, as jy die Een ken wat alles bymekaar hou, wíl Hy gee. Meer gee.

Jy onthou dalk op die krop van jou maag die kere wat jou ‘vra in smeek oorgegaan het.’ En toe in niks. Net leeg geloop het.

Maar. As jy die Een kén. Wil Hy gee. Meer gee.

Meer as wat jy vra.

Maar jy moet vra, al weet Hy alles. Hy verlang na jou stem.

balinese-lace-details

Al verstaan jy nie.

Al onthou jý nog.

 

Net nie kokkerotte nie…!!!

(fotos:Google Images)exotic-food-at-phnom-penh-markets

Mens noem dit “creepy crawlies”. En ja, jy eet heerlik daaraan.

Hier in 2005 besluit ons om ñ draai in Kambodja te gaan maak, oppad Bali toe vir aankope. Heel braaf. Om mee te begin neem hulle ons op die lughawe in hegtenis, want niemand daar rond het al van die RSA gehoor nie. Ons paspoorte is tot onderste-bo gelees, maar nee. Waar IS dié land???

Uiteindelik vrygelaat, met glimlagte van oor tot oor en ñ vreemde klomp woorde wat dalk ‘geniet dit’ beteken, en daar gaan die twee Steenkampies. Groot tasse in die hand, want mevrou soek na nuwe artikels om huis toe te neem.

ph-sightspp-russian-market-800

Die land was nog baie verniel, dié jaar toe ons daar aanland. Gedurende die 4 jaar wat die Khmer Rouge aan bewind was, in die negentien sewentigs, is omtrent 2 miljoen mense uitgewis, deur hul eie regering. ñ Vyfde van die populasie. Daarom dan dat 63% van Kambodja se mense onder 30 jaar oud is. Baie van die ouer garde weet nie wanneer hulle gebore is nie, en min mense gedenk hul verjaarsdae.

phnompenhstreet

Dit was my en Bertus se eerste kennismaking met ñ land wat steeds aan die ‘bloei’ was. Soveel vernielde mense, so geweldig baie bedelaars, en honderde verwaarloosde kinders. Tog, hulle was aan die opstaan. En al was dit raar, maar die mooie glimlagte het behoue gebly.

b3

edvcs2013-01

Ons het baie gelag, want net so vreemd as wat die hele ondervinding vir ons was, net so vreemd was ons vir hulle. My manlief met sy wonderlike mense-mens persoonlikheid het oral harte gewen. En hulle laat skaterlag. Want ons kon weereens nie uitwerk hoe om byvoorbeeld te bad nie…

En eet…Ons het liewer van seekos geleef, ten minste het dit bekend gelyk.

seafood-for-sale-on-a-beach-in-sihanoukville-cambodia-b437xc

Kambodja is nog ñ hart storie in my joernaal. Een wat ek tot nou toe bietjie bewaar het, want daar is ñ stukkie seer aan verbonde. Ek is ñ jaar later terug soontoe, met my moeks aan die hand. Die lag met ñ traan as jou ma saam met jou ñ anderste wêreld ontdek, is meer kosbaar as goud.

Maar dis ñ lekker storie vir ñ ander dag.

4711698277_03566e0487_b