Dit is ñ gepurrrr van ñ ander wêreld.

dogs-cats3

Ons leef weer in harmonie. Vrede het neergedaal oor die nuwe blyplek, en almal voel gelukkig. Met die laaste vrag van die ou huis na die nuwe, het Kieter reggestaan. Haar tas was gepak, het sy gevoel. In my kar geklim, en haar sit gekry.

Botter aan die pote smeer, het Bert gesê. Nee wat, sy het ingestap, oor haar skouer geloer of ek volg, op die kroegstoel gespring en haarself begin was. Ja, ons het ñ kroegie in die huis. Ja, en dit is nie ñ “undercover” studeertafel nie. Ons hou van kuier, en ons geniet dit. So ook Kieter. Maar sy weer hou van die sagte opstopsel, en die “faded pink” kleur.

Emma het soos ñ warrelwind deur die huis gehol gekom, die swembad raakgesien en te vroeg geduik. Maar sy is “ok”, geen blywende harsingskudding nie.

Die tuin lyk soos ñ behoorlike/bekoorlike oerwoud, en daar gaan defnitief ñ paar baie interessante karaktertjies te voorskyn kom. Het reeds. Die brulpadda koor kom saans by ons bymekaar; daar is sekerlik ñ “community hall” iewers onder die struike. So ñ impossante een soos in Ermelo, maar ons s’n word regtig gebruik. Vir die koor. En hul kwaak in stemme.

En dan die dam. Voel of ons sommer bo-op hom bly. Ruik ook soms so. Net so tien huise van ons vorige een af, maar die wêreld lyk heel anders. En klink én ruik verskillend.

Die groot trek het toe gebeur. Nou begin ons nes skrop en ontspan.

…en elke liewe padda kwaak…

frog-nature-wallpaper

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

27 thoughts on “Dit is ñ gepurrrr van ñ ander wêreld.”

      1. Hallo daar! Baie besig gewees (is steeds) met gaste op die plaas. Agente kom volgende week ‘n draai mmak, glo ‘n koper….so let us see? Niks vooropgestelde idees daaroor nie, hy sal val waar hy wil? Dankie vir die belangstelling. Ek hoor by Annali julle is nou klaar getrek…julle is seker verlig? PS: na jou webblad gaan kyk…love, love, love die meubels! So, as ons skip inkom…

        Liked by 1 person

      2. Op die aarde, maar julle twee is stil! Julle is steeds op my bid lysie, die regte koper sal op die regte tyd opdaag. Hoop altwee van julle skryf weer vinnig, ek is nuuskierig om te hoor waar julle Desember oral gaan draai het.

        Like

  1. Ag, dit klink soos ‘n lekker droom. Ons gaan môre begin pak vir ons trek. Ek hoop my kietsie het ook ‘n goeie trek-ervaring hierdie keer – die laaste een (van Johannesburg af) was maar taamlik traumaties. Julle moet nou eers ‘n bietjie terugsit en rus.

    Liked by 1 person

    1. Waar trek julle heen, Hester? En jong, ek moet Dinsdag my winkel gaan oopsluit en begin regskuif. Ons het als net afgelaai en toegesluit. So rus kan eers later kom. Ek hoop om einde Feb Bali toe te gaan vir aankope, sal daar defnitief weer my rus inhaal.

      Liked by 1 person

    1. Ek dink net dalk is die paddakoor uitgemoor!!! Bert het die swembad gedokter met onder andere suur, en nou is hier ń doodse stilte. Massamoord. Want hulle het die laaste 3 aande vandat ons hier slaap in die aande in die swembad baljaar. Nou, net niks!

      Like

      1. Ek gaan steeds bietjie skaars wees.Het heeltyd mense gehad oor die feesgety.Nou is dit opruim en geestelik instel vir die nuwe jaar en ‘n nuwe kleinkind wat binnekort kom.Ouma moet uithelp met die ander mannetjie wat sekerlik baie jaloers gaan wees!

        Liked by 1 person

  2. Grniet rustigheid vd paddakoor! Mooi nuwe jaar vir julle! Sien noudiedag ‘n ou Garden en Home van paar jaar gelede met artikel oor huis by Hartebeespoortdam, gemeubileer met Bali meubels. Toe wonder ek sommer of dit julle huis was , of so-nie het julle dalk d meubels verskaf?

    Liked by 1 person

    1. Hello Seegogga. Ek vat jou wense styf vas, dankie. Die huis, kan nie meer onthou watter een van die 2 Bali huise dit was nie want albei het al in tydskrifte verskyn. En ja, dit is groot kliënte van ons en albei families het ook vriende geword. Ek dink dit is die Birdwood huis. Die ander een is hier skuins agter ons in Kosmos. Was julle lekker besig oor Kerstyd en Nuwejaar?

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s