ñ “Bucket list” saamstel…?

sanur-snorkeling-in-bali-bali-kids-guide-1

Ek dink nogal so. Geen nuwejaars voornemens nie, maar dalk ñ lysie van wat ek graag hierdie jaar wil doen.

Behalwe natuurlik op die vliegtuig klim en Bali toe vlieg. Vir aankope, maar defnitief ook om weer te gaan ‘inasem’.

Sit vanoggend ñ rukkie op die stoep, tweede koppie koffie in my hand, en tuur uit oor die water. Hoekom het ek nie soos ander mense ñ baie spesifieke “bucket list” nie. Daar word dan selfs flieks oor gemaak. Wat sal ek graag hierdie jaar wil doen, net een keer, wat my vir die res van my lewe sal bybly…

En sowaar, iets prikkel dadelik my geheue. Iewers op die eilande kan jy saam met skilpaaie rondswem. Ja, ek wat nie graag snorkel nie, ek is nou gereed vir hierdie onderwater ondervinding. Dalk net eenmaal.

12359985-photo-of-wooden-treasure-chest-submerged-underwater-with-light-rays-stock-photo

Om my eie skat te gaan ontdek. ñ ‘Sien’ op die bodem te vind en dit saam te bring na die oppervlak. ñ Storie te gaan haal.

Dalk is ñ “bucket list” nodig om my weer te laat droom. Bietjie binnetoe te laat reik en die Una van kleintyd se handjie te vat.

Nommer een:Swem saam met dolfyne. En net dalk wag daar ñ verrassing.

mermaid-photoshop

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

25 thoughts on “ñ “Bucket list” saamstel…?”

      1. Hehehehehe, nee ek weet ook nie eintlik nie!

        Wat ek wou sê is dat jou swemmery fantasties klink en dat ek dink ek sommer more ‘n inskrywing gaan doen oor my emmer-lys. Dis BAIE beter as voornemens!

        Liked by 2 people

      2. Dis die ‘klein Una’ wat ek bietjie wil loslaat. Want ek dink sy het nog nie heeltemal “let go” aan die verre verlede nie. Wil haar gaan wys dat dit nou ok is om my wêreld te vertrou. En ek wil haar insae hê in my lysie se keuses. Jy sal verstaan.

        Liked by 1 person

      1. Heeltemal reg! 🙂
        Na ongeveer ‘n jaar se probeer vir ‘n baba nog geen resultate bereik het nie, het ‘n vriendin eendag gevra “maar het julle al ‘n wiegie gekoop?” Dit het vasgesteek by my.
        Dus, wanneer ‘n mens ‘n emmerlysie wil saamstel, begin met ‘n goeie emmer. Dit werk nie so goed as die bodem uitgeroes is soos my emmer nie.
        P.S. Swem saam met die haaie/dolfyne/skilpaaie is ‘n ondervinding wat elke mens ten minste eenmaal MOET hê!

        Liked by 1 person

  1. Una, dit is mooi en sekerlik nodig –
    maar ek is so bang vir “commitment” met al die hooi op my vurk dat ek met niks of niemand wil “commit” nie, nie eens so iets soos ‘n “bucket list” nie – ek is vrekbang dit sit my onder druk om daarby uit te kom.
    Ek sê gedurig vir Elaine sy mag nie belowe nie want die meeste belowes word gemaak net om gebreek te word.
    Sy kry dus dadelik raas as sy vir my kom met “ek belowe”, dan raas ek en sê vir haar jy is ‘n vd Westhuizen en ons woord is ons eer, ons belowe nie. Ons sê ‘n ding soos hy is en mense maak dan daarmee wat hulle wil.
    Maar ek ken myself, ek sal vinnig deur daai “bucket list” wil werk net om dit dan glad nie te geniet nie omdat dit dan net na nog iets is wat ek van myself vereis.

    Maar ek het die wereld se respek vir mense wat dit wel doen en dit dan stadig maar seker ‘n werklikheid maak

    😉

    Liked by 1 person

  2. Ek weet nie so mooi oor ‘n emmer lys nie. Die lewe gooi genoeg in ons rigting om the geniet. (Sê hy wat ‘n 17 in 17 lys het.) Maar, ek moet sê… ek hou van jou iedee! Om saam met dolfyne te swem moet onvergeetlik wees!
    By gesê… om Bali toe te gaan moet ook onvergeetlik wees!
    Voorsoedige Nuwe Jaar… mag jou drome lekker wees en lekkerder waar word! 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s