Besig om nes te skrop.

little-baby-bird-in-nest

My eerste skryfsel in my nuwe winkel nessie! Maar regtig, ek het lelik klei getrap met tye. Gevoel asof my Bali hoekie net glad nie bymekaar gaan kom nie. Dinge moet eers in my brein wêreld reggeplaas word voordat ek ñ vinger kan verroer.

Met hiérdie trek het ñ kortsluiting plaasgevind. Die trokke het die 23ste Desember afgelaai, en ek het dood eenvoudig net die deur agter my toegesluit. Want ‘Bali’ kon nie inpas nie.

Letterlik van ñ 222 vierkante meter winkel af na 60… My breinwêreld het som op som gemaak; afgetrek, vermenigvuldig, gedeel, gevierkantswortel, en toe ‘ge-kortsluit’.

Die los drade het my pens weer laat pyn, my ñ draai in die Richardsbaai hospitaal se ongevalle laat maak vir ñ nood EKG, en sommer ook my skryf opgedroog.

En tog, vandag, hier, nou, alleen op die perseel besig om reg te skuif terwyl die res van die mensdom naweek hou, kan ek weer sing. Met net nog ñ effense benoudheid in my stem.

“It is well, it is well with my soul”. 

20170107_130457

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “Besig om nes te skrop.”

  1. Ag dit lyk pragtig en ek is bly jou siel kry haar balans terug. My ou Moeks se graag dat God hare op ons koppe gesit het om ons te herinner dat ons nie alles kan beheer nie! Jy het twee groot trekke agter die rug – volgens die sielkundiges is om te trek blykbaar van die mees stresvolle ervarings vir die mens. Net een trippie hospitaal toe? Nee wat vat ten minste ‘n silwer sterretjie – knap gedaan!

    Liked by 1 person

    1. Jy is dierbaar, dankie Nena. Ek val wel op die oomblik kort-kort in ñ gat, en nie lus om uit te klim nie. Seker die nadraai van ñ dubbel trek. Eintlik maar “stupid”, want ek het soveel om voor dankbaar te wees.xxx

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s