Timeline.

4238218-wallpapers

Een van my blok vriendinne het gevra vir ‘ons’ storie, en hier kom hy. Nie altyd mooi nie, maar met ñ goeie einde.

Ek en Bertus land in standerd vyf in dieselfde laerskool. Min wetende dat my ma en sy pa op skool uitgegaan het, ‘kys’ ons tweetjies sommer binne ñ dag of twee.

Trou nie met mekaar nie. Hy is wel die “DJ” op my troue, en sy ma help met die onthaal.

Drie meisiekinders later, skei ek en my eerste man in 1994, na 12 jaar.

My ma en sy ouers bly al die tussen-in jare vriende, en na Bertus se egskeiding, bring ons ouers ons weer by mekaar uit.

Trou vinnig daarna, volgens ons twee, té vinnig. Met berge vol seerkry en bagasie uit ons vorige huwelike. Einde 1995.

Hy met sy twee klein seuntjies, ek met drie poppies.

Vandag, 21 jaar later, is ons klomp een groot familie. My vorige man, die dogters se pappa, is in 2012 oorlede. Sy tweede vrou is ñ lieflike vriendin van my, een van my volgers op ‘Bali Drome’.

Bertus se vorige vrou en haar man, ons het al saam vakansie gehou op ñ Mosambiekse eiland, met al die kinders.

So ja, hierdie is ñ “yours, mine and our’s” verhaal. Maar die tussen-in stories was seer en moeilik. Die vergewe en vergeet deeltjies baie hartseer en soms verwoestend.

Ek en manlief is geensens voorstanders van egskeiding en tweede huwelike nie.

Want as God jou nie stukkend optel en jou self weer opbou nie, is die kanse vir sukses nul.

42ee5f2a5461542d19f594d35e11ec58

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “Timeline.”

    1. Weet jy Toortsie, ek en Bertus het vir jare huweliks berading in ons kerk aangebied, veral vir tweede huwelike. Daarom dat ek so hard is oor egskeiding. “Been there, done that, got the t-shirt”. Niemand moet ooit na ons kyk en dink dit was maklik nie. Ons moes altwee breek, heeltemal. En God moes ons van voor af opbou. In die proses wou ek menigte male weer wegstap, maar God en die meisies het my terug gehou. “And we made it”.

      Liked by 1 person

      1. Egskeiding kan nie maklik wees nie. Ek is ‘n vegter vir huwelike. Julle storie is vir my mooi omdat julle nou, na beslis baie hobbelrige pd, vriende met mekaar is. Julle het regtig ‘n nuwe nuut geskep. Met God se hulp natuurlik.

        Liked by 1 person

  1. Ek is bly julle kon die pad suksesvol loop, al was dit nie altyd maklik nie. Geen tweede huwelik is maklik waar daar kinders betrokke is nie, dit het ek in my eie ouerhuis ervaar. My pa was ‘n wewenaar met kinders toe hulle getroud is en daar was maar altyd ‘n verdeling tussen die twee faksies. Dis jammer, want ek het ‘n groot familie en min kontak. Die huwelik het darem gehou vir amper 50 jaar.

    Liked by 1 person

  2. My vrou, ek lees ons “eie” opgesomde verhaal en kan wragtig niks byvoeg ni. Ook di kommentare van jou skryf-pelle. Danki vir jul aansporing, inspirasie en positiewe kommentare. Ek som ons 2 se nou-seisoen op as “content”…..tevrede (dis nou onner normale omstandighede wanneer ons NI aani trek is ni) !

    Liked by 1 person

  3. Vriendin…. en so het die Here ons almal gebruik in mekaar se lewens. So het ek die voorreg om julle te kon liefkry. Al word ons grys en oud ons sal altyd ons “memories” hê.
    Dankie dat julle deel is van myne.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s