In die gene…?

(fotos:Google Images)017kerrie

Om te smous…kan dit in die gene wees?

Bali se kinders is van jongs af deel van hierdie verkoops-kultuur, en soos ek al vertel het, die kinders word vroeg-vroeg die kuns van ‘skep’ aangeleer. ‘Skep’ soos in om skeppend te wees; die aanvoeling vir een of ander kunsvorm by jou pa ‘aan te leer’.

Maar ek wonder, kan ñ ‘smous-liefde’ in jou gene wees? In Jesus se tyd op aarde het die vrouens vroeg opgestaan en markte toe gestap. Om te “wheal and deal”, te verkoop en te smous, geldjies in te bring. Terwyl die mans by die stadspoorte gesit en ‘praat’ het, die nuutste wette uitgedink het. Oor die dinge van die skepping geredekawel het.

Gesit en baie gedink.

12444886-bali-january-24-balinese-rice-farmers-transporting-feed-for-cattle-on-january-24-2012-in-bali-indone-stock-photo

My punt is, kan sommige van ons dalk die smous-geen oorerf? Ek onthou hoe my eie ouma in ñ speelgoed winkel op Bethal gewerk het. Hoe ek dae aaneen saam met haar reggepak en ‘verkoop’ het. Winkel taal gesels het.

Vandag, 9 Januarie 2017, het ons winkel weer in Harties oopgemaak. Op presies dieselfde perseel as voorheen, 2004 tot 2013. En elke ‘smous’ geen in my lyf het weer ingeskop. So asof ñ deel van myself net haar eie voete vind.

En begin leef.

Ai Here, dankie dat U my ken en verstaan. Dankie dat U 56 jaar gelede oor my gedroom het, en nog steeds onthou.

Onthou wie ek is en wat my laat leef.

a957065d7f997a6194775f5da842d0b8

Wat my laat tintel en skitter.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “In die gene…?”

  1. Baie geluk met die heropening. Mag die nuwe/ou winkel vir jou net seën en vreugde bring.
    As ek mooi genoeg vra, dan bring die van Helsdingen my dalk vir ons trouverjaarsdag om oor jou meubels te kom drool.
    Ek sal die outjie wees wat met my hande styf agter my rug vasgeklem loop 😉

    Liked by 1 person

  2. Jy is so bevoorreg. Ek glo dit is ‘n kuns op sy eie om te weet wat sal werk en wat nie. Ek verkoop seker ook maar op die beste van tye iets, ‘n diens wat ek hoop die mense tot hul eie voordeel sal kan gebruik, maar dit wat jy doen is ‘n kuns jy maak mooi en bring mense geluk daardeur… al is dit in die vorm van ‘n mooi kassie of ‘n snuistery wat jy ver met hope geduld en baie liefde spesiaal vir iemand wat dit sal waardeer gaan uitsoek het sonder dat jy eens daai persoon ontmoet het. X moet asb nie ophou nie X

    Liked by 1 person

  3. Yay!!! Menz en menzseMan sal ‘n draai moet kom maak … al is dit net om oor die mooie goed te “drool” soos Korrelkop sê.

    PS: menz is van die “druk jou jack in jou gat”-tipe mense en kan niks aan niemand verkoop nie.

    Liked by 1 person

  4. Die “ou mense” (die geslagte voor my wat ook nou glo redelik bejaard is) het geglo dat sekere nasies beter is met die smous van sekere produkte, bv. jy koop groente by Portugese, klere by die Joodse kleremaker, vleis by die Afrikaner se slaghuis en jy eet vis & tjips by die Griek se kafee om die hoek. Wonder of daar enige waarheid in steek? Sukses met jou winkel en jy moenie vergeet om pret te hê nie – moenie te hard werk nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s