Wanneer raak ‘lank’ té lank.

(foto:Google Images)amazing-views-hd-landscape-wallpapers-green-sky-free-images-flowers-windows-desktop-images-best-nature-images-1920x1140

Ek wonder al van Sondag af oor ‘tyd’. Tyd om afskeid te neem.

Hoeveel tyd is werklik nodig om jou lewe reg te kry vir jou permanente ‘weggaan’. En wanneer raak dit té lank?

Vir die laaste paar jaar sien ons Sondag vir Sondag hoe ons pastoor met nierkanker worstel. Met tye was daar genesing, en dan weer nie. Frisse, groot man. Met die mooiste en sagste binnekant wat jy jou kan voorstel.

Genoeg tyd gekry om sy twee seuns deur universiteit te sien.

Eergister land ek langs sy skoonma tydens die oggenddiens, pragtige gryse dame wat onlangs haar eie seun aan die dood moes afstaan. Vinnig, oornag.

Nou is hulle hier van Namibië af om hul dogter en kleinseuns by te staan.

Tydens die afskeidsdiens hou sy my hand krampagtig vas. Voel ek hoe haar moed haar wil wil verlaat terwyl hy sy laaste keer as pastoor voor sy gemeente staan. Die nuwe pastoor verwelkom, en dan terug tree.

Hy kom sit voor ons, en met sy hand omhoog loof hy sy Here. Maar hy moet sit. Sy sakdoek opgevrommel in die ander hand, die oë toe. Die vorsheid moeg.

Sy vrou lei ons “worship”, en ek kyk toe hoe jare se hartseer en bangheid, hoop en wanhoop, en oorgee, opgedra word aan God. Deur haar stem. Wat soms breek en soms deur trane weggespoel word.

Maar sy bly staan, met haar engel voorkoms en haar vingers wat oor die klawers gly.

En ek wonder. Is genoeg tyd soms té lank…

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Wanneer raak ‘lank’ té lank.”

  1. Ek kan uit ondervinding praat met my eie ma wat ‘n jare lange stryd gevoer het.
    Die laaste keer wat sy in die hospitaal beland het, het ek oor haar neergebuig en vir die Here gesê laat U wil geskied – en in my hart het ek net gedink die lyding is so erg, my wil is dat HY haar huistoe vat.
    In retrospek is ek bitter spyt oor my gedagtes want ek sou wat wou gee om haar net nog ‘n rukkie by my te kon hê – en dink ek baie aan my eie gedagtes met die dat EK, dalk nie sy nie maar EK, die lyding nie meer kon verduur nie.

    Liked by 1 person

    1. Jy laat my diep hieroor dink, Elanè. Want ek weet self glad nie. My ma was vir 6 maande baie siek met lewerkanker, toe is sy weg. Maar sy kon nie wag om te gaan nie, was baie opgewonde. Want sy wou my boetie onder andere weer sien. En haar ouers.

      Liked by 1 person

  2. My Pa was skielik. Een more opgestaan, badkamer toe gegaan en nie weer uitgekom nie. Dit het die siekte vyf jaar geneem om my ma te vat. Ek was oortuig ek ken die antwoord op jou wonder, maar nou is ek nie meer seker nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek is eintlik jammer dat ek hieroor geskryf het, want dit is nie ñ vraag wat beantwoord kan word nie. Besef ek nou. My ma was 6 maande baie siek met lewerkanker voor sy weg is. So vinnig of lank, ek wonder wat ek self gaan verkies.

      Like

  3. Jip, ek ook al baie gewonder of God dan regtig ons hartseer verstaan? My Hy sê ons sien net ten dele, ons sal eendag verstaan. Ekself het nog net my ouers afgestaan aan die dood. Ek weet nie wat ek gaan maak as een van my kinders of kleinkinders voor my gaan nie. Ek weet regtig nie.

    Liked by 1 person

    1. Ai Mariet, my hart het in honderd stukke gebreek toe ek die naakte waarheid so moes sien. Ek vlug mos weg vir enige emosionele goete, maar ek weet God het met mý ook Sondag ń afspraak gehad. Dit is nodig om deur die korse te breek wat mens opbou.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s