Batik gedagtes.

(fotos:Google Images)batikpaintinginbali

In matriek het ek kuns as ñ vak geneem, en tydens die eind-eksamen moes ons ñ ‘batik-skildery’  maak. Besig met vandag se blok-skryfsel, kom die onthoue terug. Ek het so elke oomblik van die batik-oefeninge geniet, min wetende dat my hart eendag op ñ Batik eiland gaan vasspoel.

Batik is deel van Bali se lewe en kultuur. Dit is oorspronklik gemaak met behulp van ñ “canting”, ñ klein koper instrument gevul met vloeibare was.

javanese-batik

Sodra die was droog is, word die stof gekleur, en die deeltjies met die was daarop, neem geen kleur op nie. Die proses word met verskillende kleure verf herhaal om sodoende ñ motief te skep.

1111249_ilexbatik_kain

Later van tyd het batikmakers ñ koper stempel begin gebruik, en deesdae word die patrone deur ñ masjien gedruk.

Maar handgemaakte batik is steed in Indonesië beskikbaar. As mens bietjie rondkyk, loop driekwart van die Bali eiland, mans en vrouens, in ñ batik wikkelrok rond, sarong soos ons dit ken.

89a85ca8c0b6765e5766ef35dc63c9ff

Niemand weet presies waar en wanneer die eerste batik gemaak is nie, daar is stukkies batikweefsel reeds in die sesde eeu in China gevind. Dit bly deel van die eilande se algemene lewe, vir almal…

blog2

en dit bly deel van die nasionale identiteit van Indonesië.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Batik gedagtes.”

  1. Ek het ook in die hoërskool die tipe kuns moes doen – die allervreeslikste tafeldoek met ‘n bak vol vrugte daarop – “ge-batik”. Vieslik verby, ek het sommer daar en dan ‘n gly in die kunssoort gekry.
    Maar die wat hier gewys word is darem rerig mooi.
    Warm was en hope en hope ink, koerantpapier en ‘n strykyster as ek nou daaraan terugdink.
    Ek wonder hoekom dat hulle die kinders nie meer die tipe goed op skool doen nie ons het dit in die vak wat ons “huisvlyt” gedoen, ‘n verpligte vak gewees in die ou dae vir dogters tot die ou st 7, die seuns het houtwerk gedoen, huisvlyt is iets wat ek tot op hede nie onder die knieg het nie 😉

    Liked by 1 person

  2. Die “ou” manier van doen is nogal interessant, maar regtig arbeidsintensief. Ons het een projek gedoen waar die hele stuk materiaal eers in ‘n ligte skakering kleefstof gedoop is, dan is was aangwend en die stuk is in ‘n donkerder skakering gedoop. Daarna is die was gestryk (met skoon paper ja) om uit te kom, die lap gewas, nuwe was aangewend, donkerder kleursel gebruik…. Dit het my ‘n hele paar weke geneem om net die een “kunswerk” te vervaardig en daarna was ek so vies vir die vervlakste lap dat ek dit sommer weggegee het. Haha. Ek is ook nie te vlytig met handwerk nie, maar die stukke in jou fotos is werklik mooi.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s