Wat kry ons aan die beweeg…

funny-animal-pictures-comedy-wildlife-photography-awards-28__880

Wat op die aarde. Baie van ons het 2017 met ñ uitgelatenheid tegemoet gestorm. 2016 is verby!!!, het ons gejubel. En ek was ñ voorbok. Of ñ ‘voor hamster’. Soveel planne, soveel gedagtes, soveel raad aan ander wat nie heeltemal my ‘insig’ gedeel het nie.

En nou. Tjoef.

download

Ek is vandag vies vir myself. Dit is middel Januarie, en ek wil-wil neerslagtig raak. Die jaar strek ewe skielik lank voor my uit, en ek is lus om om te draai, terug te stap.

Dalk weer te begin.

Tog, binne in elkeen van ons is ñ ‘plek’, die plek van kies. Die jare leer ons dat keuse nie op gevoelens gebasseer kan word nie. Soos die gospel lied ‘Die houtkruis’ sê, as gevoelens hoegenaamd moes saakmaak, dan was daar nooit die kruis nie.

My ou kliënte kom stuksgewys inloer, net om welkom terug te sê, en eindig op my stoepie. Maak hul harte oop, en leeg. Vol moedeloosheid oor die lewe, het elkeen nodig om te praat. Die ‘praat’ wat trane bring en tog kan skoonwas.

So ja, my stoepie is vandag nat, van gisteraand se baie reën en ook van mense wat kon ‘oorloop’. En ek weet wat manlief en my vriendinne in liefde gaan kwytraak, dat ek weer op my regte plek is, my ‘ministry’ weer opneem.

Here, help my asseblief om nie so baie te dink nie, nie so vreemd te voel nie. Dankie vir al my seëninge, moet nooit nié my dankbaarheid hoor nie. Ek sal by U kom sit en luister, weer leer. Want nét U weet wat my gees moet hoor. Soos ek in die oujaar by U gevra het, vra ek nou weer. Blaas U asem oor my.

En vul my met ñ lag wat nie perke ken nie. ñ Liefde wat nie grense ken nie. En ñ wysheid wat U woorde ‘weet’.

decorative-bamboo-poles-creative-lamp-design-original-home-lighting-ideas

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Wat kry ons aan die beweeg…”

    1. Tina,weet jy, ek het vandag nodig gehad dat jy iets moet “post”. Soos ek al voorheen vir jou gesê het, ek het ‘lag’ in my lewe nodig soos ander dalk liewer gaan fliek. Of gaan stap. Maar soms het ek ander nodig om my lag wakker te maak. En jy is een van die mense. Ek waardeer elke liewe “post” wat jy opsit.

      Liked by 2 people

      1. Nee nee, dit is ander mense wat van stap hou, of fliek. Ek wil aan die lag kom, en daarmee help jy my. Ek hou van stap, soms, maar dit laat my nie sommer lag nie.☺

        Like

  1. Vanaand voel ek weer die miracle om te kan glo. My hart is stukkend vir die wat verkeerd gekies het en nou met niks is hul hande sit na drome wat verpletter en inskerwe is. Al wat ek weet is dat jy nie kan veroordeel nie, ek kies om nie te veroordeel nie want die Here sê dat geregtigheid kom Hom toe en nie my nie. Wat n verligting! Ek wil nie oordeel nie en dus n lekker plek in Jesus. Ek wil vanaand almal opdra wat verkeerde keuses moedswillig gekies het en met die resultaat daarvan sit. Here, wys U grootheid en U onvoorwaardelike liefde vir die mensdom wat nie weet waar hoe om uit die drek te kom nie. Mag ons deel van die antwoord wees tot ere van U groot Naam. Jesus

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s