As die gogga byt…

(fotos:Google Images)pa-res

En hy hét gebyt.

Ek gaan dit weer doen. ñ Handvol vrouens saam met my wegraap eiland toe. Mense wat mekaar dalk nie ken nie, soms iemand wat die ‘mekaar’ nie wil ken nie. Maar dit is “ok”. Want Bali het ñ plekkie in sy hart vir elkeen. Jy kan jou ‘alleen wees’ lus bevredig, jou avontuur lus uitbasuin. Jy kan gaan kook klasse neem, of pleinweg net heerlik eet. Kunswerke bestudeer, of self vir ñ rukkie “Picasso” speel.

Ons kan “shop till we drop”, of die onderwater wêreld gaan beloer. Gaan kyk hoe hulle meubels maak en tussen hul silwerware winkeltjies verdwaal. Of sommer net rondstap en inneem. Proe. Luister. Kameras uitpluk en iewers ñ paar woorde neer skribbel.

Pens en pootjies binne in hul prentjies wêreld instap.

Manlief kan dalk reken dat ek die gogga net moes uitgooi, of net ñ salfie opsmeer.

dive_trips_bali_diving_indonesia

Onder ñ rots gaan skuil totdat die gevaar verby is… O nee.

As die gogga jou eers byt is daar geen keer nie.

wp-1483444789876.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “As die gogga byt…”

    1. Ek glo ook dat die brein ‘voeding’ nodig het, Danie. Ek sit soms vir ure op Google Images en soek na ñ ‘prentjie’ wat met my praat. Wat die skryf aan die prikkel kry. Reis kan soms selfs op die internet gebeur.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s