As mens vyf is, en boonop ñ seuntjie…

img-20160918-wa002-1

…dan kan jou ouma se hart soms benoud raak as sy in jou ogies kyk. As sy jou hartjie hoor.

‘Ouma, hulle is lelik met my. Hulle wil nie met my speel nie.’ En ouma probeer hard om te help.

‘My engel, as daar 3 maatjies is, hierdie drie vingertjies, sien jy. En jy is hierdie ander hand se een vingertjie. As hulle al drie nou nie met jou wil speel nie, wie is dalk die verkeerde een? ‘

Dit moet hulle wees ouma. Want hulle het drie keer meer beurte om lelik met my te wees.

‘Vyf is te klein vir die groot skool, Janét. Die ander graad R seuntjies is yslik groot in vergelyking met Logie. Nee man, julle kan nie my kind nou al skool toe stuur nie.’

img-20160918-wa004

‘Ek sal hom help, my ma. Sy mamma sal haar seuntjie mooi help om reg te kom.’

Soos ek sê, dalk moet sagte oupas net liewer staan en koekies bak saam met die kleinstes. En oumas hulle leer swem. Dis veiliger.

Want ouma en oupa is nog nie skool gereed nie.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “As mens vyf is, en boonop ñ seuntjie…”

  1. My baby is nou 4 en gaan volgende jaar groot skool toe. Hy stokkiesdraai hoeka vandag omdat dit die laaste jaar is dat hy kan…en omdat dit koud was vanoggend. Kla ook alewig oor die maatjies wat lelik is. Breek my hart en ek wil alles net gaan fix vir hom! Maar ek probeer nou maar my kids leer dat daar niks fout is daarmee om op jou eie te speel as die maatjies lelik is nie. Maar hulle voel tog soos aliens as die maatjies lelik is…voel net soos nou die dag dat ek ook so gevoel het.

    Liked by 1 person

  2. Verstaan jou pyn. Ons 5 jarige (wat eers Nov 5 geraak het) sit ook nou in gr R en ek is ook nog nie reg vir die skooliniform lyfie nie. Wil liewer net nog speel. Die wereld daar buite is so moeilik en groot vir ons ou klein lyfie mensies.

    Liked by 1 person

  3. En die Oupa se inset . . . ? Ek wens so ons kon sien so 10-20 jaar van nou, of dit waaroor ons NOU bekommerd is, toe gebeur het ?? Is die selfbeeld toe verwoes . . . Is die interaktiewe vaardighede toe screwed-up . . . Is daar toe n rerige erge dissipilne issue ?? Ek hoop in my diepste Oupaskap dat 80%, nee 100% vd goete waaroor ons ons bekommer, net nie sal gebeur nie. Maar, dit bly eintlik ons “siek” voorreg om stil-bekommerd te mag wees . . . dis mos ONS naletenskap ! (en maak geen fout nie : laat-aand dan wonner ek baie wonners oor ons kids en klein-kids se rolle / plekkie inni son / hul drome en sommer net oor hul as mens . . . of hul “ok” sal wees end-uit . . . of hul die korrekte raad en invloed van ons ontvang het ? En dan knyp ek myself en sê sommer hardop :”Basta, hulle is ok !”.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s