As grys die verkeerde kleur is…

(fotos:Google Images)ce030125af71ae58245ce73d8448d4fb

Terug na my stoepie…

Net soms is ons soveel meer kwesbaar as ander tye. Het woorde die vermoë om die binnemens te laat tuimel.

Dit is dan wat jy, jy wat jou eie skoene mee loop, moet gaan sit en luister. Die woorde ‘uitluister’ en deur jou eie filter sisteem laat hardloop. Want die een oorkant jou kan nie.

Jy sien die mooie mens, en jy ken haar menswees wêreld. Julle het al saam gedans op jou malkop Abba partytjie. Saam op kerkkampe jul papiersakkies vol ‘sukkel’ by die voet van ñ houtkruis neer gesit. Saam gehuil as haar seuns die wille ding doen, en saam gespog oor haar talent met huweliks onthale reël.

So as sy opgekerf by jou opdaag, dan vat jy haar ‘angs’, en jy help. Jy vat die yskoue-vuur- woorde wat die anderhelfde deur sy prokureur oor haar ‘uitbraak’, en jy vee dit skoon. Bied dit terug in oorspronklike vorm.

As net woorde wat uit ñ seergemaakte siel kom en wil verteer.

Grys word wit of swart. En jy sit tot sy die kleure raakvat.

Eers dan stap julle saam kar toe, en groet.

watercolorpainting_53

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “As grys die verkeerde kleur is…”

  1. Dit is ‘n rare gawe om met ‘n flenters siel te kan kommunikeer. Dis net mense wat met sage oë na die wêreld kyk wat dit kan doen, en daar is nie meer baie van hulle nie. Jy is een.

    Liked by 3 people

  2. Die wereld is maar op die beste van tye ‘n seer onbetroubare plek, veral as die een wat jy nog vir altyd liefgehad het, skielik vergeet het dat julle op ‘n stadium ‘n eie liefdestaal gepraat het, wat nou niks meer beteken nie.
    Dank die Vader vir ‘n houtkruis want as die plek ons eindbestemming sou wees, sou ek maar ‘n baie ontnugterde en verbitterde mens gewees het.

    Liked by 1 person

      1. Finding Nemo, is die heel mooiste animasie fliek. Daarin is ń bekende vis karaktertjie, Dorie. Sy ly aan die siekte waar mens binne sekondes vergeet wat sy nounet gesê het. Sy is skreeusnaaks. Gaan kyk op internet. Sy sal bv oomblikke vantevore sê sy gaan nooit weer drink nie, net om die volgende oomblik ń verlore bottel wyn op die bodem van die see raak te sien…en die babelas totaal te vergeet.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s