So partykeer hoef mens nie baie te sê nie…

img-20170122-wa0000

Ek weet. Ek weet ek babbel te veel oor my vriendinne. Hoe sê hulle, ‘waarvan die hart vol is…’

Ek kry nou nou dié op my whatsapp van Therese af, en my oë word vol. Want dit sê so als.

Gisteraand wou ek sowaar kort-kort huil. Ek kyk na my drie vriendinne, en ek staan verwonderd. Hoe het God onthou, tussen al die oorloë deur, om nog te sorg dat ek hulle in my lewe raakleef. Elkeen so verskillend, maar elkeen volmaak in die plekkie wat hulle in my lewe vul.

Elk het al ñ ander stuk van my pad saam gestap. Een soms baie verder as die ander. Steeds, saam vorm hulle my vangnet. Preek as ek te vér wil uitbreek, huil saam as my hart nie sy stukke bymekaar kan kry nie. Ek kan hulle nie skok nie, want ons band se vere is gediens. Deur liefde en insig, deur lewenslesse en genade.

Manlief het sulke mooi fotos geneem. Van ons in ons lawwe, uitbundige, vry selwe. Ek sal dit nog deel, want oomblikke soos dit moet vasgelê word.

Maar nou, hier, waar ek die naweek steeds kan proe, is hierdie prentjie genoeg.

‘Dit praat als.’

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “So partykeer hoef mens nie baie te sê nie…”

    1. Ek lees jou kommentaar by Die man met die Hoed. Jy het so ń amazing blog; hou ons op ons tone en vermaak ons. Ek dink regtig jy is self ń baie interessante mens met so baie om te gee. Dalk voel dit net nie altyd so nie. Sal wat wou gee om bietjie saam met jou te kuier en tien teen een baie te lag.

      Liked by 1 person

      1. Right back at ya! Jy sal ‘n filter moet vasmaak met bloudraad om jou ore …. fok kom nogal gereeld in menz se woordeskat voor, veral waar daar oor die mensdom bespiegel word …

        Liked by 1 person

  1. Ek sukkel nog om te verstaan wat dit vir ky en my huwelik beteken dat my vrou ñ ‘bestie’ het met wie sy soms goed deel waarvan ek niks weet nie. Soos ek groot word en meer volwasse, voel ek minder bedreig en meer dankbaar dat ek jie alle emosies van my vrou se kant af moet trotseer nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s