Het ek regtig die moed.

(fotos:Google Images)wallpaper-3d-16529-17067-hd-wallpapers

Sal ek in ñ ander land kan gaan bly.

Is ek op ñ plek in my lewe waar ek ñ baie onseker sprong sal kan neem. Ek wonder so effens daaroor vanoggend. Selfs al het ons reeds redelik rondgetoer, en is vreemde wêreld dele iets wat die bloed vinniger deur my are laat pomp. Sal ek dit kan doen?

Ons land se jong mense begin hul studies reeds met hul oë gerig op nuwe lande. Ouers berei hulself voor, en oumas en oupas trek dikwels agter die kinders aan. Ons het ñ nuwe kultuur geskep, of dalk is dit vír ons geskep, maar grense bly skuif.

246627-balinese-dressed-in-traditional-clothing-walk-on-a-beach-past-tourists-during-a-melasti-ceremony-prayer-at-kuta-in-denpasar

Sal ek my toeriste kleed kan verruil vir iets meer permanents. Is daar nog plek in my hart vir ñ nuwe kultuur, ñ nuwe taal, selfs al lyk dit soos ñ prentjies bestaan.

SONY DSC

Indien my huwelik op ñ goeie plek is, daar ñ redelike stabiele inkomste aan die ander kant wag, ek baie gereeld die kinders en kleinkinders sal kan sien. Al is dit alles in plek.

Sal ek my werklikheid vir ñ nuwe een kan ruil?

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “Het ek regtig die moed.”

  1. Ek dink al wanneer ek dit sal doen is as my eie besluit om te gaan – maar ek weet nie wat ek sal doen as die een na die een uithoek, en die ander na ‘n ander gaan of ek dan sal kan gaan nie.
    Ek sal dan maar eerder neutraal bly en net hier bly om familie vrede te bewaar en nie van nepotisme of voortrekkery beskuldig te word nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het geleer om nooit die woord nooit te gebruik nie, want omstandighede het die geneigdheid om te verander en my woorde in my keelgat af te druk. Ek sal tans bitter moeilik oppak en trek, tensy dit iewers “bekend is soos Botswana, Namibië of Zambië.
    Indien ek kon weet op 19 of 20 wat ek nou weet, sou my werklikhid baie anders gelyk het.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s