Net nie kokkerotte nie…!!!

(fotos:Google Images)exotic-food-at-phnom-penh-markets

Mens noem dit “creepy crawlies”. En ja, jy eet heerlik daaraan.

Hier in 2005 besluit ons om ñ draai in Kambodja te gaan maak, oppad Bali toe vir aankope. Heel braaf. Om mee te begin neem hulle ons op die lughawe in hegtenis, want niemand daar rond het al van die RSA gehoor nie. Ons paspoorte is tot onderste-bo gelees, maar nee. Waar IS dié land???

Uiteindelik vrygelaat, met glimlagte van oor tot oor en ñ vreemde klomp woorde wat dalk ‘geniet dit’ beteken, en daar gaan die twee Steenkampies. Groot tasse in die hand, want mevrou soek na nuwe artikels om huis toe te neem.

ph-sightspp-russian-market-800

Die land was nog baie verniel, dié jaar toe ons daar aanland. Gedurende die 4 jaar wat die Khmer Rouge aan bewind was, in die negentien sewentigs, is omtrent 2 miljoen mense uitgewis, deur hul eie regering. ñ Vyfde van die populasie. Daarom dan dat 63% van Kambodja se mense onder 30 jaar oud is. Baie van die ouer garde weet nie wanneer hulle gebore is nie, en min mense gedenk hul verjaarsdae.

phnompenhstreet

Dit was my en Bertus se eerste kennismaking met ñ land wat steeds aan die ‘bloei’ was. Soveel vernielde mense, so geweldig baie bedelaars, en honderde verwaarloosde kinders. Tog, hulle was aan die opstaan. En al was dit raar, maar die mooie glimlagte het behoue gebly.

b3

edvcs2013-01

Ons het baie gelag, want net so vreemd as wat die hele ondervinding vir ons was, net so vreemd was ons vir hulle. My manlief met sy wonderlike mense-mens persoonlikheid het oral harte gewen. En hulle laat skaterlag. Want ons kon weereens nie uitwerk hoe om byvoorbeeld te bad nie…

En eet…Ons het liewer van seekos geleef, ten minste het dit bekend gelyk.

seafood-for-sale-on-a-beach-in-sihanoukville-cambodia-b437xc

Kambodja is nog ñ hart storie in my joernaal. Een wat ek tot nou toe bietjie bewaar het, want daar is ñ stukkie seer aan verbonde. Ek is ñ jaar later terug soontoe, met my moeks aan die hand. Die lag met ñ traan as jou ma saam met jou ñ anderste wêreld ontdek, is meer kosbaar as goud.

Maar dis ñ lekker storie vir ñ ander dag.

4711698277_03566e0487_b

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

18 thoughts on “Net nie kokkerotte nie…!!!”

  1. Ek het in die vakansie ‘n radio program geluister waarin daar gepraat is met ‘n chef wat met kokkerotmeel die lekkerste wortelkoek en dies meer bak. Hierin SA nogal, ek dink dit is iewers in Sandton en die mense smul, selfs ek het gedink ek sal dit eet nadat sy verduidelik het hoe dit werk. Maar ja, so heel op ‘n bordjie, nee dankie dit lyk net te veel na gogga….

    Liked by 1 person

  2. Wow, dit was ‘n vreeslike interessant en lekker lees hier by jou!

    Ek is bevrees ek sal doodgaan van die honger daar, want ek eet nie eers seekos nie (eet selfs sushi met hoender, wat dit tegnies gesproke seker nie sushi maak nie, maar nogsteeds).

    Ek is nuuskierig, wat koop jy op jou trippies vir jou winkel?

    Liked by 1 person

    1. Ons voer meubels uit Indonesië in, en gaan kuier soms in ander wêrelddele om na nuwe moontlikhede te kyk. My winkel in Harties, Bali Furniture, is naby die ou inry teater. Kom loer eendag in, die goed hier het alles ñ storie.

      Liked by 1 person

      1. Daai tafel op die stoep fluister dinge in my oor, en die van Helsdingen kyk na die hemelbed soos ‘n honger kind deur ‘n restaurantvenster.

        Liked by 1 person

      2. Wow dit klink fantasties!

        OOOOOOOOOOOO, as ek regs draai oor die nek, en afry na die gym en die garage se kant is julle aan die regterkant van die pad? Jis dis ‘n klein wereld…

        Ek gaan beslis my Emsie-Schoeman-vriendin saamsleep!

        Liked by 1 person

      3. Jip. En ja, bring haar saam, ek sal haar ook baie graag wil ontmoet.Hier maak nou ñ koffie winkel ook oop, en mens kan wyn bestel. So daar het jy dit. My vanbyt vermoë gaan tot die uiterste beproef word met hierdie versoeking reg onder my neus…

        Liked by 1 person

      4. Ja nee ek sou dit ook nie kon hou nie!

        Ek gaan defnitief met haar reël vir ‘n Vrydagmiddag, my manne se atletiek moet net effens tot bedaring kom dat ek weer ‘n Vrydag oop het!

        Liked by 1 person

  3. “Kambodja was aan die opstaan.” Dit maak my geweldig bang. Wat beteken die vernielde (ou)mense, baie bedelaars en verwaarloosde kinders is dus ‘n teken dat Suid Afrika op sy kniee gedwing word. Ai, hoeveel keer kan ons nog opstaan?
    Mooi skrywe, gee my moed vir ons land en ons mense.

    Liked by 1 person

  4. So is ons laas jaar Kambodja toe, wel n ander deel van die land om na Angkor Wat te gaan kyk, en n wonderlike belewenis gehad. In die amper 10 jaar vandat julle daar was sien ek n nuwe lewe met nuwe hoop en drome.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s