Oupa, bou asb vir ons ñ boomhuis…

(fotos:Google Images)23f64a73ce0076ac653c4b8dbd169787

Oupa sal groot droom, hy sien selfs ligte binne-in sodat die kleintjies veilig kan voel.

Maar hierdie gaan nie oor boomhuise of oupas of kleinkinders nie. Hierdie gaan oor vra.

Net jy alleen weet. Van jou vrese en jou bangheid en jou hart. Van die stil lê in die nag omdat beweeg net méér sal bybring. Van die kere wat jy liewer nie wil vra nie, want jy kan nie die sin ‘dink’ nie.

En tog, as jy die Een ken wat alles bymekaar hou, wíl Hy gee. Meer gee.

Jy onthou dalk op die krop van jou maag die kere wat jou ‘vra in smeek oorgegaan het.’ En toe in niks. Net leeg geloop het.

Maar. As jy die Een kén. Wil Hy gee. Meer gee.

Meer as wat jy vra.

Maar jy moet vra, al weet Hy alles. Hy verlang na jou stem.

balinese-lace-details

Al verstaan jy nie.

Al onthou jý nog.

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

6 thoughts on “Oupa, bou asb vir ons ñ boomhuis…”

    1. Onthou jy kan vir jou kind intree, die Vader ken hom by sy naam (jou kind) en wat JY in SY NAAM, vra sal HY aan jou gee!
      En ek praat uit eie ondervinding met my seun wat so ver weg van die Here was, met ‘n grd in Teologie en tog nogsteeds vir ‘n wyle die pad byster geraak het, en al wat ek kon doen was bid, bid en instaan voor ons Vader vir hom.

      Liked by 1 person

  1. Werk al baie jare vir my – my gesels met HOM, elke dag oppad werk toe, daar waar ek myself in my eie geselskap bevind. Ek praat en praat, want wat ek in my lewe ervaar wys HY hoor en ek is veilg in SY teenwoordigheid. My lewende GOD wat tyd maak om in gemeenskap met my te wees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s