Bottelwater?Watwou.

22-jan-2017-757

Kuiers langs ons dam is presies dit. Kuiers. Ek vermoed eens jy ons damwater ingekry het, natuurlik per ongeluk, het jy ook die kuier ‘bug’ opgetel. Nee, darem nie die ‘colera’ een nie. Dit is die een wat jou Brits Medi-Clinic toe laat jaag.

Hierdie ander een is ñ ‘lag bug’, ñ ‘onthou julle nog-bug’. Om om die dam te bly, is soos om elke dag na werk terug te ry na ñ vakansie bestemming. Een derde van ons bly permanent hier. Vir die res is Harties ñ ontvlugting. ñ Vakansie bestemming. ñ Wegbreek van die gejaagdheid, na die inklok by die ‘ander huis’.

Daar is altyd ‘ander landse’ stappers langs ons kronkel paadjies. Soms verspotte jong manne wat in groepe die gastehuise inneem. En droogmaak. Ander landsburgers uit Gauteng wat eers na tien saans opdaag, en die musiek aansit. Ons sal sug, en ñ pilletjie gaan sluk. Nié sekuriteit skakel nie. Nee. Liewer op die maat van hul musiek ‘la-la land’ tegemoet gaan.

22-jan-2017-751

As al die lag van om die dam bymekaar gesit kan word, al die vriendskappe wat geleef word, al die onthoue en ‘cheers…’ Versamel dit en jy kry ñ gemeenskappie wat liefhet en koester. Al hak ons soms uit. Al land ons af en toe in die koerante. Ons is kunstenaars en bootliefhebbers, watersport fanatikuste en seiljag aanhangers. Ons maak flieks en sing ons longe los. Ons kuier saam in ons straatjies, en ondersteun al ons diverse kerk gemeenskappe.

Jy moét oorslaap, want ons laat jou nie terug bestuur nie.

22-jan-2017-758

Klink hierdie ietwat na ñ advertensie? Nee. Ons het diepte en stories. Baie swaarkry en hartseer. Maar ons dam versamel trane, laat jou toe om bietjie weg te sink. En dan…

Dan het jy ons water ingekry!☺☺☺

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

22 thoughts on “Bottelwater?Watwou.”

  1. My beste skoolmater het daar gebly, trouens hy bly steeds daar, net op met die pad van jou winkel af. Die naweke wat ek daar kon gaan kuier was die beste van my skooljare.
    ♪ Harties se dam is ‘n doodlekker dam,
    Dis daar waar die meisies hulle hare was en kam ♪

    Liked by 2 people

    1. Ek dink baie van ons wat in die Transvaal grootgeword het, het ñ storie wat gekoppel kan word aan Harties. ‘Love’ jou liedjie. Ek het in Springs skool gegaan, en ons het vakansie kampe hier teen die koppies bygewoon. Ook hier deur gery op pad Buffelspoort toe, elke Desember vakansie…Voel soos nou die dag.

      Liked by 1 person

  2. Wat n lekker dag! Lekker gekuier en lekker geëet! Vriendin, jy het die vermoë om n storie om n storie te bou. Ek luv it. Ek sit in Witrivier en het niks om te doen tot halfvyf wanneer ek die kleintjies moet oplaai. Jy moet asb vir my van die fotos aanstuur van ons lekker kuier. Liefde estelle

    Sent from my iPhone

    >

    Liked by 1 person

  3. Julle klink na ‘n heerlike klomp!My eerste herinnering aan Harties was toe ek in st 3 was en vir mense in Kosmos gaan kuier het.Ek was die dag vreeslik siek en moes die volgende dag ‘n nood blindedermoperasie ondergaan…LOL!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s