Kan ek vir myself lag…

(fotos:Google Images)6b1a45c16ba7824ea7b6211dd375a4c0

Ek sit op hierdie Saterdag oggend in my winkelhoekie, en ek wonder. Lag ander ook vir hulself?

Of is daar iets fout met my. Ek kuier so op Google rond, nogal tussen die diere “funnies”, en ek herken myself in elke derde prentjie. Jip, daai is ek…ek kan ook so geskok lyk. Ja, en ek sal ook so ñ onnosel ding kan kwytraak.

cab7b1e7-1392-4a6b-8673-af9259cca4c6

My manlief lag gewoonlik vir my boo-boos, maar soms skud hy net sy kop. Dan vat ek maar die lag en draai hom om, dat hy binnekant toe kyk. Ook net vir ñ rukkie…

funny-animal-pictures-with-captions-008-023

Is dit die ouderdom wat jou gereed kry vir die tyd wanneer jy dalk gaan snaaks wees sonder dat jy dit weet. En as jy dit weet, dat jy nie sal kwaad raak as ander lag nie. Of, het jou kinders jou vroeg reeds voorberei op ‘lag vir jouself’. Veral tieners. Vir húlle mag jy werklik nie lag nie. Maar dalk herken jy jouself ñ bietjie as jy die front so moet voorhou…

artist-animals-funny-memes

Vanoggend het my blok vriende vergeet dat ek sit en wag vir bietjie humor. Toe besluit ek om myself maar te vermaak, is mos nou nie pateties nie. En sowaar, daar loop ek myself toe oral raak. Bring dit onthou tye terug, van oomblikke wat net ék van weet.

30-best-funny-animal-memes-of-all-times-5-funny-memes-animals-500x465

En vind ek ook ñ fototjie wat met my praat. Una, as jy ñ diertjie was, was dit jý hierdie.

top-50-funniest-jokes-in-the-world1

xxx

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “Kan ek vir myself lag…”

  1. Weet ni wasr kom julle almal aan d oulike foti’s nie. Met my koordinasie het ek van kleinsaf geleer om vir myself te lag: dislag of huil en lag is beter! Lees maar my kraterstories op d blog ad jy meer wil weet. Groete daar!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s