Nee o genade!

(fotos:Google Images)6

Ek sukkel met ñ ding, en net soms, soos vandag, raak ek ordentlik vies vir myself.

Ek wil alewig alles verstaan. En ek praat nou glad nie van wiskunde en wetenskap nie. Was dít maar die ding. Nee, ek wil luister tot ek verstaan. Want slegs dan kan ek voorentoe of agtertoe tree.

My ‘prentjies’ moet sin maak. Al stem ek hoegenaamd nie saam nie, al is dít wat my brein moet verwerk ook hóé lelik, ek moet kan verstaan. Anders draai my wêreld op sy kop.

artcenterbali

Bali het my soms gewen. Soos met hul danse. ‘Lenong Dance’. Eenmaal gaan kyk, my bes probeer om die kuns daarvan te begryp, myself gekasty omdat ek hul musiek nie kan waardeer nie, gaan oplees en uitgevra, dit logies probeer bedink. Maar op die ou end, moes ek wegstap. En ek bly weg.

Met mense… Hul woorde en optredes, daarmee het ek maar ñ stryd. Ek weet ek oordeel baie selde, en as ek die slag tot by daardie plek kom, is ek moeg. Miskien is dit die ‘grense’ begrip. Myne is dalk nie so goed in plek nie.

So ja. Mevrou sal bietjie hieraan moet werk. As ñ dans nie vir mý ritme het nie, laat los. Moenie op die choreografie of die lirieke begin fokus nie.

Gee net die toegangskaartjie terug.

a56845d19412c650c9deacb3a6672fa1

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

12 thoughts on “Nee o genade!”

  1. Menz is nogal gou om te besluit ja of nee. Of menz like dit, of menz doen nie. En as menz nie doen nie, gaan probeer nie help nie. Daar is genoeg waarvan menz dadelik hou om nie hoed te soek na nuut nie. As dit werk, werk dit, menz gaan dit nie force nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het ongelukkig geen grys in my “lik”-gebied nie. As ek nie daarvan hou nie of iets is nie “appealing” vir my nie, sluit ek summier af – so erg so dat dit aan bewusteloosheid grens 😆 (soos wiskunde en manuals van goed en tegniese goed, en sommer ook net goed en mense wat vir my nie so nice is nie)

    Maar hou ek van iets, raak ek weer obsessief daaroor. Daar is net geen grys nie. Party mense noem dit passie. Ek weet nie so mooi nie! Dal malligheid?

    😆

    Liked by 1 person

    1. Klink vir my makliker as wat ek doen. Ek hak vas in grys areas, so as ek standpunt moet inneem, vat ek ‘time out’. Darem aard die 3 meisiekinders nie op dié gebied na my nie. Maar regtig, ek sukkel hiermee. Leef eerder in my droomwêreld en wag tot dinge uitsorteer. Iewers in die proses dink ek verloor ek myself. Wat ek regtig self sou wou hê. Tog. My lewe is redelik ongekompliseerd. Dink jy ons het elkeen ons eie oorlewings meganisme uitgewerk? Of is ek opgevoeter? 🙈🙉🙊

      Liked by 1 person

  3. Ek hou vinnig van ‘n ding of nie. Dan is dit nou maar tot daarnatoe, ek wroeg nie, ek dink ek is te moeg om sin uit die onverstaanbare te maak.
    Dit is waar my analitiese brein inskop en dadelik daarteen skop.
    Ek het al menigte male opgestaan uit sg vermaak, oa Casper de Vries, ek verstaan als wat hy doen, selfs die walglike passies wat hy so graag in sy “shows” uitvoer – maar sy godlasterlike gedrag grief my so dat ek net nooit ooit selfs net na die vent se gesig kan kyk nie. Dan doen ek eerder ‘n bali-dans opvoering, daar is dit ten minste ‘n doelbewuste nie verstaan nie!

    Liked by 1 person

  4. Nie maklik nie, maar mens kan. Ontspan en laat jou siel luister, die analitiese brein kan dit nie ontsluit nie. Op my werf is die Rooi Keps nou die berg op om antwoorde te loop soek.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s