En jy dink jóú baas is ondankbaar?

(fotos:Google Images)3622941c54aa7dc488a5804dcd25c0df

Bali het werkerseende. Oral. Veral vroeg oggend kan die verkeer taamlik opgehou word. Want hulle kry voorkeur.

As dit jou eerste besoek aan die eiland is, wonder jy so by jou sigselwers waarheen hulle oppad is. En hoekom.

P1020434

Oppad om hul daaglikse … goggas te verdien. Hulle steek ñ straat netjies in rye oor, en verdwyn die volgende oomblik in die ryslande. Soos wat hulle beweeg, vlieg die insekte en peste op en word hulle gulsig gevreet. Dus geen gifstowwe op die rys plantjies nie.

Met die geweiery, val hul mis op die lande, en is dit gratis bemesting.

Bali-girls-at-a-festival

As ñ eend het jy ook jou trots, en jy tree dikwels voor ñ gehoor op. Almal waardeer jou. Maar net tot op ñ punt.

bebik-bengil-dirty-duck-diner

Jy lig nie sommer jou kop omhoog en kyk rond nie. Want wat jy nie raaksien nie, gaan jou nie pla nie. Moeg gewerk stap jy later die dag weer saam met jou oppasser terug hok toe.

bali-country-duck-walker

Net tot op ñ dag. Dis dan dat jy weet. Mevrou van die plaaslik eetplek stap saam, om die ‘slag’ ligter te maak. Een iets om aan vas te hou, jy gaan goed lyk op die bord.

bebek-bengil-2

En daar is reeds ñ beeldjie van jou opgerig, dié gaan vir oulaas geld vir jou baas inbring. Altyd iets om voor dankbaar te wees…dink jy.

5870439679_9769940719_b

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

9 thoughts on “En jy dink jóú baas is ondankbaar?”

      1. Rerig?

        O ek is ‘n ERGE fussy eater, ek visualiseer als wat ek in my mond indruk. As ek eend moet eet sien ek net die weird webbe van hul pote. as ek kalkoen moet eet sien ek net daai lelle. Ek eet rerig min goed. Selfs hoender eet ek NET die witvleis. Hehehehehe, lekker vol nonsens.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s