As ek jou kon raakloop…

(Fotos:Google Images)0_90333_8b8a6afd_xl

…vyftig jaar gelede. Wat sou ek sê? Sou ek jou wou waarsku oor die verkeerd van die lewe wat op jou pad gaan kom. Die hartseer van ñ ouer skielik verloor, of die diep leemte waarmee jy jou paadjie gaan loop.

Of sou ek jou vertel dat jy ñ mooi en sagte hartjie het, en dat Jesus daarvan hou? Sou ek ñ ekstra tydjie vertoef en na jou drome luister.

f4b258020ac12f9a39a6ed2ef50520e3

…dertig jaar gelede. Wat sou ek sê? Dat jy moet wegvlug van al die verkeerde keuses wat wag? Dat jy jou oë moet oophou en die mense in jou lewe sien vir wie hulle is? Dat jy moet vlug voor versoekings en besef jy gaan val?

Of sou ek jou verseker dat al gaan jy deur die dal van doodskaduwee, God jou sal beskerm. God jou nie sal verlaat nie. Dat Hy genoeg is vir jou.

En sou ek ñ ekstra tydjie vertoef om die woorde wat oor jou uitgespreek word, te keer?

558d7f5f3c95bfb7d416da43115cd477

En dan gister.

Sou ek jou sê dat jy steeds tye van genesing gaan ervaar? Tye wat nodig is en jy weer diep gaan moet delf om by ou wonde uit te kom. Dat jy sal wil soek vir antwoorde sodat jou drome rustig kan raak.

Of sou ek net langs jou sit sodat jy weet jy is nie alleen nie?

wat sou ek vir jou wou sê, Una?

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

10 thoughts on “As ek jou kon raakloop…”

  1. Pragtig. Wat sou ons sê? As ek terug dink was ek ook maar lekker dof gewees as man en pa wees. Maar wysheid kom met die grysheid. Dis waar ek my vrou bewonder. Vandat ek haar ontmoet het in die ou std. 6, was sy net vir my meer volwasse as al die ander meisues wat ek geken het. En sy is vandag nog so.

    Liked by 1 person

  2. Wens jy kon my al daardie tye raak geloop het…dan kon jy my gewaarsku het, en ek sou geluister het…en soveel eina sou vermy gewees het…maar aan die anderkant, sou ek geluister het? Nou…nou sal ek met aandag luister en weet jou wysheid is wel belangrik…

    Liked by 1 person

  3. Dis so n mooi stuk. En ek love die skilderye wat jy opsit. Wens ek kon dit in my huis ophang.
    En ek wil nie eers dink aan myself raakloop nie. Want dan breek my hart en ek doen liewer nie “if onlys” nie

    Liked by 1 person

  4. Ek sou soveel dinge wou anders doen met my kinders. My eerste huwelik was baie ontstuimig. Psigopatiese alkolis. Moes 19 jaar veg dat ek en my kinders oorleef. Voel of ek nie genoeg tyd saam die kinders deurgebring het nie. Hulle nie geniet het nie. Ek sal vir my jong self sê om nie eers 19 jaar uit te hou nie loop vroeëer. Maar dan was die kinders dalk nie daar nie. So nou sê ek dankie Heer vir 2de kanse

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s