Alleen.

(fotos:Google Images)

william-finnegan-surf-black-white_h

Paul Walker het gesê: Surfing teaches you to accept what is.

Ek sit vanoggend lank na hierdie foto en kyk. En besef. My alleen-wees tyd, dit is só nodig.

Ons oudste seun Neil, is ñ see man. Liewer ñ meerman, soos in meermin. Hy bly by die see, en leef in die water. Duik, visvang, “body-boarding”.

Alleen wees op en in die see, dit is wie hy is. Ure en ure, net hy op sy bord, en die golwe.

Ek beny hom. Niemand vra of iets verkeerd is as hy sy bord op sy bakkie laai nie. Hy verduidelik niks. Hy gaan net. Want dit is tyd.

water-garden

Om alleen te wees, te wil wees, is vir sommige van ons nodig vir oorlewing. Nie omdat iets gebeur het nie. Nie omdat jy ‘af’ voel of hartseer is nie. Inteendeel.  Alleen wees, vir my, is wanneer ek kan neurie, it is well with my soul.

Soos wat Neil ñ see nodig het, het ek ñ ‘weg’ nodig. Waar niemand my kan kom oplaai nie. Waar die res moet voortgaan,  want moontlik is ma land-uit.

maxresdefault

Ek smag op die oomblik na my alleen wees plek. Daar waar ek nie aan die verlede of die hede dink nie, net bewus is van die ‘nou’.

Waar ek heeldag kan stilbly, eenkant kan staan.

Alleen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

12 thoughts on “Alleen.”

  1. Ek stem.
    Ek hunker ook na alleen-tye, stil-tye.
    Iemand het vanoggend vir my gesê, ‘n mens wat alleen wil wees is besig om uitmekaar te val. Seker party mense, ja. Maar vir die res van ons is dit die teenoorgestelde. Dis juis die alleen-tye wat ons terug aan mekaar sit.

    Liked by 1 person

  2. Ek ken dit – dit is ‘n lewensnoodsaaklike vir my – ALLEEN WEES – anders raak ek bietjie af vir diegene wat my lewensmat deel. “Stoksielalleen” met ‘n Scotty by my voete in wie ek die wereld kan lees die oomblik wat ek in daai sielvolle oë kyk. My Scotty’s is my surfboard en basta met die res xxx

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s