Die inkleurboek.

(fotos:Google Images)figuras-mujer-pintura_05

Ek het baie gehad. Inkleurboeke. My kryte was altyd ekstra skerp, en nooit het ek oor die lyntjies ingekleur nie.

Dan was daar die moeiliker prentjies. Dié met nommertjies. Met hulle moes ek ekstra konsentreer, ñ mate van insig openbaar voor ek die lyntjie trek. Want dalk moet daar ñ kurwe bykom, ñ ronding, of ñ sterk reguit lyn.

Die groter prentjie moes werk.

oil-paintings-13-600x340

Op die oomblik werfskaf ek en Heilige Gees. Hoekom? Want ek het ñ “dot” gemis. Daar is ñ nommer in my verlede wat ek by verby gehou het. En nou is daar nie kontinuïteit nie.

Groot woord. Kontinuïteit.

Ek sit vanoggend en lees oor “Reconciling to your past”, en die woord essence trek my aandag: Geur. Ekstrak. Wese. Grondbestanddeel. Beste deel. Kern. Ek.

“Your eyes saw my unformed body; all the days ordained for me were written in your book before one of them came to be.”Ps 139:6.

En ek weet in my siel, ek voel dit met my gees. Die stukkies wat ek so diep in ñ boks gaan wegpak het; van hulle moet uitkom om die legkaart klaar te bou. Dit is tyd. Daar moet kontinuïteit kom, die prentjie kort iets.

My “essence” het hulp nodig.

Is ek lus hiervoor. Nee. Is ek bang. Nee. Wil ek weer ñ rukkie die verlede gaan besoek. Nee. Hoekom dan?

Want dit is tyd.

images-3

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

13 thoughts on “Die inkleurboek.”

  1. Pragtig geskryf. Soms kan ons sukkel met n ding, maar as die Gees van God kom praat, dan weet ons dit is tyd. Tyd om gewoonlik ontslae te raak van n klomp ‘scrap’ waarvan ons baie hou. So werk dit in my lewe. Eintlik is die ons maar ek.

    Liked by 1 person

  2. Ek noem heirdie tye in my lewe die afskil van ‘n ui. ‘n Mens gaan nog heel luiters voort, en dan kom maak die Here ‘n snit en begin ‘n laag uit jou lewe afskil. Dit is die seerste seer maar baie noodsaaklik op die pad van vrymaking en genesing. Sterkte!!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s