O goeiste,ek dink ek is verlief…

(fotos:Google Images)kaggakamma-nature-reserve-cederberg

Jammer my man. Maar genade, ek sal nogal heelwat gee om ñ bietjie hier te gaan wegraak. Ek weet nie presies waar in die Cederberge nie, maar jy moet uitvind.

Miskien gaan ek net op die stoep bly sit. Of nie. Dalk op die bed bly lê. Ek weet… dekadent…maar ek gaan moet.

Ons hoef nie veel saam te vat nie. Defnitief jou kamera.

Stapskoene is onnodig, ek behoort net tot op die rotse voor die kamer te beweeg, met die paadjie langs. En dan weer terug.

Kos? Broodrolletjies en biltong. En wyn. Dalk ñ braaivleisie.

67224529

Jy weet ek is ñ visuele persoon. So jy mag nie hierdie verleiding teen my hou nie. Ek is swak. Ek weet.

Maar jy is so sterk. En slim. En jy het ñ groot ‘charcoal’ kar.

Sal jy my asseblief soontoe vat…

Dankie engel.

67224861

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

31 thoughts on “O goeiste,ek dink ek is verlief…”

  1. Ooh jy sallie spyt wees nie. There be magic in them there mountains. Maak ‘n roadtrip daarvan, Ry N1 langs tot by Matjiesfontein. Daar draai jy regs Sutherland toe waar jy ‘n dag of drie staan. Van Sutherland af oor Ouberg pas in die Tankwa in, waar jy weereens ‘n dag of drie staan. Van daar af ry jy Ceres se kant toe, en ‘n stop by die Tankwa Padstal is ‘n moet voor jy regs draai die Cederberge in tot by Kagga Kamma. Wanneer jy uitgaan gaan jy Clanwilliam se kant toe en ry dan Weskus om terug huis toe. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie

    Liked by 2 people

  2. My vrou!! Ek swem al om hierie aas wat uitgegooi is . . . en dis hel om nie te byt nie ! Wat van n lekker vinnige Satara-trip ? Volgende naweek ?? Bring food, turn-up…. ! Deal ?? Hierie bloggery en jou skryf-pelle (wat v my voel hul loer hier oor MY skouer), bring eintlik baie “subtiele” druk tafel toe ??!! (en dit werk). Dink ek moet ook registreer . . . Lu

    Liked by 3 people

  3. Daardie wêreld gaan sien ‘n mens eers in blommetyd…. dan slaan jy sommer twee vlieë met een klap. Klink nou nie so romanties om vlieë as voorbeeld te gebtuik nie…. maar jy verstaan wat ek bedoel.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s