As jy saam met ouma rondtoer.

(fotos:Google Images)img_1719

Cirebon is in Java, ñ deel van Indonesië. So moes ñ vyfjarige lyfie een jaar saam met haar mamma en ouma in dele van die wêreld rondloop wat ander nie eens van weet nie.

Ouma was op soek na rottang meubels, en Cirebon was die antwoord.

cirebon-01-800

ñ Radikale Moslem deel van Indo, selfs vir ouma effe vreemd. Geen Engels êrens. Ons hotel was wel lieflik, so Westers as wat kan kom. En daar stop dit.

img_1832-0

Ons moes redelik fyn beplan om by hierdie stad uit te kom. Van Bali af gevlieg, Jakarta toe. ñ Taxi geneem tot by die groot trein stasie. Niemand wat ons kan help nie, want wat uit ons monde kom, is vir hulle net ñ gebrabbel. Trein gery tot op Cirebon, en toe weer ñ taxi hotel toe.

Ook my eerste keer in hierdie geweste, so alles was vreemd. Saans het ons Japanees gaan eet, want dit was al eetplek naby ons hotel. Vrouens mag nie alleen ronddwaal nie, en die woord ‘wine’ mag nie oor jou lippe kom nie. So, lekker droë bek het ons net water gedrink. En tee. Baie tee.

20120727ekspor-produk-rotan-260712-dds-2

Ek het opgespoor waarvoor ek gekom het. Pakhuise vol.

Die mooiste Batik ook, op die koop toe.

Kleinste meisiekind was net ñ plesier. Met almal maats gemaak, eintlik die deurslaggewende faktor gewees as ouma moes onderhandel. Ons Sulis agent het ons daar gekry, en dié twee was onafskeidbaar. Talisa is aan al die verlangse familie voorgestel, en ñ album vol fotos was die uiteinde. Al kon net Sulis ons almal verstaan.

img_1707

Soms het mens se kleinwees gewen, van al die lekker en vreemdheid en aandag en opwinding. Maar sjoe, dan kom mens se tweede asem darem terug!

Cirebon. Glo nie ek sal ooit weer teruggaan nie. Tog, die ondervinding daarvan, die reuke en smake, geluide en prentjies, dit het gaan lê.

Om af en toe tussen die Bali Drome deur onthou te word.

img_1706

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

17 thoughts on “As jy saam met ouma rondtoer.”

  1. Toe Cirabon . . .die naweek Kosmos ! Daai kleinste is nou amper 8 en sy en haar Boeta kom die naweek nes-skrop by hulle Oups en Oumie. Kani wag nie !! Ons ga weer ore aangesit word met daai pragtige glimlaggies en “stories” . . . KAN STEEDS NIE WAG NIE !!

    Liked by 1 person

    1. Ek besef maar al te goed wat se geweldige voorreg dit is om hulle saam met my te kan rond vat. Hoop ek kry die kans om oudste kleinseun wat nou 9 word, ook eendag saam te ‘voer’. Darem kon ons hom nou die dag Kruger Wildtuin toe vat, alleen. Sy eerste ekskursie soontoe, en dit was vir hom net die wonderlikste tyd.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s