En wat daarvan?

(fotos:Google Images)Exif_JPEG_PICTURE

Wonder nou hoeveel eiers hier gelê gaan word. Hoeveel ‘ai Una’ gedagtes gaan rondvlieg.

Manlief, ek dink nogal jy gaan net ‘smile’. Ons kinders, laat ek raai. Jongste skool-meneer seun gaan sy oë geweldig groot rek, en dadelik protesteer. Nee Majutz, asseblief. Moet dit net nooit aanvang nie. Neil in R’baai, gaan niks opmerk nie. En indien jy hom vra, wat as Majutz topless op ñ strand rondloop? ‘Sy kan maar as sy wil’. Oulike kind. Goed grootgemaak.

saucy-seaside-couple-painted-on-beach-hut-b3jnn8

Nou die drie dogters. Bertus, ek dink nie een gaan naby ons wil wees nie. Nie een sal oordeel nie, maar só ñ vakansie sal ons tweetjies maar alleen moet deurbring. Aangesien jongste sus altyd reken dat, sover dit haar aanbetref, ek en jy net vyf keer in ons lewens seks gehad het. En dit nie eens met mekaar nie.

Ek het ñ rede vir vandag se skrywe. Vrouens in my wêreld sukkel met hul seksualiteit. Want daar is net droë duine op hul horison. Bo sestig, en van die dierbare manne speel die ‘beste vriende’ kaart. Kan nie of wil nie. Of kies die pornografie roete.

ñ Vrou bo vyf en vyftig KAN nog witwarm wees! En wil! So regtig, gaan maak ñ draai by ñ dokter, ons liewe vriend. Kry ñ voorskrif. Praat daaroor! Moenie die rekenaar vinnig afdruk as sy naby kom nie. Erken. Herken. En kry lewe.

Miskien moet ek ñ toesluit kassie in my winkel staanmaak. Met ñ paar idees in. Want regtig, die lewe is moeilik genoeg. Moenie jouself en vroulief nog verder ook straf nie.

Onthou.

Ons harte klop nog sterk onder die twee goedjies wat dalk so ñ bietjie Suid neig.

queenforaday

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

31 thoughts on “En wat daarvan?”

  1. una, jy gaan oor die kole gehaal word… en ek skree soos ek lag… deur jou kinders… My kinders is vas onder die indruk oumense is orige goed wat almal blou fieterjoel kort op die beste van tye. Doen dit, geniet dit en spog dan daarna 😉 tot hul, jou kinders, se frustrasies.

    Liked by 1 person

    1. My kinders gaan nie hierdie keer hier lees nie. Hulle lees net as ek dit op Facebook ook sit. En ek gaan Bertus nou verbied om enige kommentaar te lewer. Want dit sal defnitief onder die algemene gebied van die belt wees, en met ñ mate van spog ingelas.

      Liked by 1 person

  2. ai Una 😉
    So heerlik waar! Ek spandeer elke liewe oggend met ‘n mal spul diverse girls tussen die ouderdomme van 35-60. Soms hang daai jong klomp se bekke behoorlik oop oor die goed wat ons ouer klomp sommer net so gemaklik be(aan)spreek. Dis hoe dit is. Dis hoe dit hoort. Só leer hulle dat hulle eie mamma’s ook almal hartkloppings het en kry.
    Lekker gelees dankie.

    Liked by 1 person

  3. Al wanneer menz se “oopkop” kollegas oor seks praat, is by die kersparty … wanneer daar heelwat drank geneem is. Dis al wanneer daar erken word dat hulle ook spyk …. uhm, seks het. En toys het. Een keer per jaar. 😀

    Liked by 1 person

  4. As ek oor so iets praat is my dogter se reaksie “ma ek het nou nie nodig gehad om daai te weet nie” of ” over sharing” hahaha. Ouer mense het iewers in hul oer jonkheid seks gehad. Toys? O my word, wat praat jy nou. Perverse oumense, kan ek die gedagtes hoor. Ook maar mens ook maar lus, geen ouderdom beperkings nie.

    Liked by 1 person

  5. he he . . . lekker my vrou ! Preach it sister ! Wie gaan vir ons so skildery kan maak. Dit spreek boekdele van contentness (hoop daar is so n woord). O gats, ek mag nie ge-kommentaar hetie. Lu !!

    Liked by 1 person

  6. Ek hoop nou nie hierdie is uit my beurt nie. Hierdie is mos nou nie ‘n tema wat tradisioneel in die openbaar aangepreek word nie, but here goes. Grappies tersyde. Die LLWD en ek het amper nie getroud gekom as gevolg van hierdie “issue” nie. Elke verhouding is vir ons/my op presies dieselfde beginsels gebou: Vertroue, Respek … ens. Wat ‘n huwelik, of soorgelyke verbintenis, anders maak is die inspuiting van ‘n behoorlike dosis lus (lust). Almal weet life happens, maar sonder daai is jy in die moeilikheid. Miskien nie dadelik nie, maar dit vang op met jou.
    …en die kinders. They will get over it

    Liked by 1 person

    1. Bly jy het kommentaar kom lewer. Nie baie mans het die ‘lus’ om hieroor te praat nie, en tog is seks grappies vir hulle allerdaags. Dit lyk asof ons vrouens meer oopkop is om hierdie “issue” aan te raak, maar dan gaan dit maar ook nie verder nie. Help nie net een party erken daar is ñ probleem nie, die manne moet op een of ander manier wakker geskud word. So, dit kom dan tog terug na die vrouens. Op ñ manier moet hulle die ‘guts’ bymekaar kry om te praat, en nie bang wees vir verwerping nie.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s