Plaas toe! Jippee!

(fotos:Google Images)2dpx10000f41000

Need I say more.

Ek en manlief loop oormôre vir ñ paar dae weg Kruger Wildtuin toe. Ons tel soos twee kinders die ure af. Salig!

Al was ons al ñ paar honderd keer daar, dit maak g’n niks saak nie. Soos daardie siekte wanneer iemand binne ñ minuut presies alles vergeet wat hy al beleef het, dit is ons. Elke nuwe “sighting” bly ons eerste.

Meerkat-South-Africa-Nature-1431527.jpg

Met al die gelees by ons foto-blok vrinne, is ek so ge-inspireer om op ñ nuwe, vars manier fotos te neem. Hoe sal ek sê, “watch out for this space…”.☺

cropped_southern_masked_weaver_jeff_harrisberg

Salig. Dit is mý woord vir die wildtuin. Tyd om weer stilte te bring na my binne-mens. Om my gees te laat voed deur Vader se tuin, Sy skepping.

Waar ek dieper en stadiger begin asemhaal. Duideliker sien. Skerper hoor.

d9dafae99ed6e52d9927bc68e76960a9

Ons gaan plaas toe.

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

34 thoughts on “Plaas toe! Jippee!”

  1. Ditto . . . Wonner wie van jou blog-pelle doen dit nog soos inni ou tyd : Bak sweets (wat ons NOOIT by die huis eet nie), cooler wat al tussen 7 en 8vm oopgemaak word vir so ou ietsie . . . rustig . . . koud . . . heerlik (en dis nie vir Coke of Fanta nie), nat geel-vet biltong (daai tipe waarteen jy op ons ouderdom gewaarsku word), kleredrag (nee ek gaan nie die detail deel nie), CD’s wat nie normaalweg gespeel word nie (Arno Carstens se “bottel sonner prop” / Theuns se “Beaufort Wes” ens..), oop vensters – al blaas daai aircon ook hoe (mos NOOIT n opsie buite die wildtuin nie : of oop sonner aircon of toe met aircon . . .maar die wildtuin het mos maar sy eie vreemde kultuurtjies wat dood in sy spore stop as jy die eerste keer weer wettig bo 50km/h mag ry !), stop onner n boom by n watergat of rivier en sit net . . . flessie, gisteraand se wors of repie-steaks, gekookte eiers viri pad en weer sweets . . . Soos Pa-hulle en Oupa-hulle en Oupa grootjie voor ons tyd, dit gedoen het. Al verskil nou : Ons kan nie meer na die 2e sessie inry fliek ry en voor Numbie hek dans en slaap nie. Hartseer, maar SO WHAT ! Ja my vrou, ek KAN NIE wag nie. Hoor egter ons gaan die stertkant van n sikloon tref . . . Moet maar die knie kombersie ingooi . . .

    Liked by 2 people

    1. Kyk, na my hectic Desember, die dubbel trekkery, en toe ñ totale mal Jan en Feb, is hierdie langnaweek baie welkom. Dit behoort vir ons soos ñ vakansie te voel. Hopenlik vlieg ek Maart Indonesië toe vir aankope. Ek bly op my knieë daarvoor, want my voorraad is min.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s