Reën,reën,lieflike reën…

wildtuin-18-feb-2017-induskie-330

Onophoudelik het dit geval. Manlief was skoon moedeloos, want op dag twee is AL die grondpaaie gesluit. En dit, vir ñ boerseun, is ondenkbaar.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-375

Watwou vassit.

Ek het die veld nog nooit so mooi sien lyk nie. Ons het op dag een reeds vier van die groot vyf raakgesien. Net die luiperd het ons bly ontduik. Maar dit daar gelaat.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-291

Ons kon die klein dingetjies waardeer. Want hulle was ooral oor. Skillies het uitgelate die pad gevat. Elke miskruier denkbaar het ñ ietsietjie rondgestoot, en ek het by arend veertig ophou tel.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-392

Saterdag oggend vroeg het ons ñ oop grondpad ontdek wat hulle van vergeet het, en dit is toe dat ons een groot ‘uitvoering’ kon dophou. Die lugruim het regtig oorgeloop met voëls, jy kon jou kop nie vinnig genoeg ronddraai nie. Ek het soms asem opgehou van verwondering.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-357

Nee kyk, as ons Vader die dag die sluise oor die wildtuin laat oopgaan, staan jy as mens in verwondering. Die natuur juig en jubel, en selfs die leeumannetjie raak ‘mellow’. Neem die wyfie se stert sagkens in sy bek, stap ewe gedweë saam tot agter ñ struik, en gee na ñ paar sekondes die oorwinnings brul…

wildtuin-17-feb-2-031

Jip. Die natuur weet van feesvier.

wildtuin-18-feb-2017-induskie-272

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “Reën,reën,lieflike reën…”

  1. Klink manjifiek – die natuur wat jubel en die reen. Ek is bly die wildtuin het weereens julle “kick” gegee.
    My dokter het gese dat elke mens het iets wat hom n “kick” gee en as jy ontdek het wat dit is, doen dit gereeld. Dit is wat jou kop reg hou. Syne was Alaska – drie maande elke jaar gaan lokum hy daar. Hy jaag in sneeutuig rond en kry sy “kick”.
    Julle s’n is die Wildtuin. Dan doen jy dit.
    Ek dink myne is Bali……

    Liked by 1 person

  2. Nou doen ek die verkeerde ding : Una (my vrou) is Maandag internis toe vir n akkute maagpyn – wat ha al geruime tyd sedert die mantervliesbreek operasie, omklits. Dinsdag opgeneem in Eugene Marais vir toetse. Vanmiddag doen hul laaste scans v galblaas en maag. Sy is deur n “onsuurings” detox en n middel via drip toegedien wat ha heel verslap/verlam, om meer akkurate assesering te kan doen. Al n paar uitslae gekry wat dui op langtermyn medikasie. Geen kwaadaardigheid nie. Ons is dankbaar. Danki vir jul gebede. Groetnis.

    Liked by 2 people

      1. Ontslaan en terug by die huis. Wat ons weet is ek gaan nie hierdie jaar heengaan nie. My maag wêreld is ietwat opgedons, so ek sal begin navors hoe om die spul pille te los. Oplossing is glo geen spanning, en spesifiek geen emosionele spanning. Maar met 5 volwasse kinders, is daar geen kans nie. Cannibis? Ek gaan selfs daarna begin kyk. As ń laaste uitweg. Tussen my en jou, ek is ietwat moedeloos en tranerig daar waar niemand my kan sien nie. O ja, en my lewer het ń ‘vriendelike’ cist. Moet oor 6 maande dalk uitgesny word. Wonder ek nou wat de joos hom onvriendelik gaan maak. Glo dankie tog, niks met rooiwyn te doen nie. M.a.w, ek moet net voluit begin lewe. Vir ingeval. Dankie vir jou boodskappies.

        Liked by 1 person

      2. Met ‘n lewer wat nie mooi speel nie, het menz simpatie. Probeer carbs sny. Probeer Biral vir die spanning, dis kruie en help. Wees maar tranerig, dit gaan ook oor. Menz is bly vir die huis toe gaan. Hospitale is vir siek mense … 😉

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s