Hoe kies jy ñ deur?

(fotos:Google Images)550ea1bce51abfbd71523c938b961939

Ek vlieg oor ñ paar dae oorsee met die opdrag om deure te gaan aankoop. Bali deure. ñ Kliënt wat ñ ontwikkelaar is, het die idee om unieke deure te begin verkoop.

Maar hoe besluit jy oor ñ ander se droom.

Jy doen redelik huiswerk voor die tyd, sit ñ rukkie saam met hom en laat hom toe om jou in sy verbeeldings wêreld in te lei. Stap saam met hom deur sy woorde, luister na sy asemhaling en hou sy oë dop. Klink dalk vreemd, maar hoe anders. Hoe anders neem jy ñ ander se droom in jou hande en gaan soek dit dan uit.

jepara

Dit is opwindend ja. ñ Uitdaging gewis. En tog. Tog kom daar ook ñ titseltjie deernis by. Hierdie semi-vreemdeling wat jou met ñ stukkie van sy visie vertrou, hoop jy ‘hoor’ sy prentjie raak. Hoop jy ‘voel’ sy droom.

bali-027

Jy gaan wandel tussen kilometers se straatjies rond, op soek na die ‘iets’ wat met jou praat. Oor die kliënt. En as jy dit opspoor, staan jy lank net en kyk.

Met ñ ander se oë.

Jou eie neig dalk na die ou deur in die muur. Die een wat ñ leeftyd se verhale het om te vertel. ñ Leeftyd se leef in sy ‘afdop liggaam’ wys.

3159a048ff333683a373bc6537ecb3a7

Jy gaan bêre hierdie een in die blaaie van jou onthou album. Om terug by die huis uit te haal en deur te dink. Net om te besef dat jy nie ñ ander se geleefde wêreld kan oorneem nie. Jy kan kyk en sien, en onthou.

Maar die leef deur die deur is nie joune nie.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

27 thoughts on “Hoe kies jy ñ deur?”

  1. Ek sit en prys juis nou weer ‘n huis waar al die deure “custom” is. Ek weet ontwikkelaars en binneshuise ontwerpers is mal daaroor, maar vir my is dit net nog ‘n maagseer.
    Mag jou aankope so ‘n reuse sukses wees dat ontwikkelaars en eienaars my vir ewig sooibrand sal gee met hulle unieke deure!

    Liked by 1 person

      1. Indien die deur plaaslik vervaardig gaan word kry ek ‘n tekening of ontwerp wat die skrynwerkers gebruik om n kwotasie te gee. ‘n Spesiale deur uit Bali/Indië/Sjina/Timbuktu word gewoonlik deur die klient voorsien en ek moet ‘n tarief prakseer vir die installasie daarvan

        Liked by 1 person

  2. Ek het ‘n voordeur in my huis wat tans my spensdeur is – die deur trek van huis tot huis saam met my, want die deur is vol gesk. Daar is groeimerke op die deur van al wat ‘n kindjie is wie hul lengte teen die deur wou sien, inkluis my en my man en ons kinders en ons kleinkind sin. Jou deur storie maak my nou sommer lus vir blog oor my 1ste eie huis se deur wat elke keer saam met my trek. Die deur is beskilder/stensil en vol allerhande merke aan die binnekant. Dit trek ook saam as ons aftrek Kaap toe oor ‘n jr of twee na ons, hoop ek laaste huis as dit die Heer se wil is.

    Liked by 3 people

  3. Ek dink ek het verlief geraak op die H3 se voordeur, nog voor die gevoel vir hom my getref 🙂
    Ek sweer as ons die dag verkoop en verhuis vat ek daai deur saam óf laat maak vir my net so een – ek dink steeds die regte voordeur kan die transaksie beklink.
    Daai turkoois-blou deur ↑ fluister ook nogal vir my….

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s