So wat is volgende…

(foto:Google Images)hqdefault

Kieter doen dit dikwels. Kry haarself in ñ situasie, en wonder dan wat die volgende plan van aksie gaan wees. Of gaan daar ñ plan wees, enigsens.

My spesialis met die strikdassie reken daar is een. Sy baie slim oplossing vir ‘die probleem’ is glo eenvoudig. Volgens hom maklik. Hou op ‘stress’.

Sy gevleuelde woorde: sommige mense se stres gaan direk na die maag. Ander s’n glo na die algemene area van die nek.

Sommige, dit is sy bynaampie vir my. Dink ek.

So hierdie ‘sommige’ mens moet alle spanning begin vermy. Veral dié tipe wat emosioneel is.

Ok, so terug na Kieter. Sy kry haarself in ñ situasie…tot iemand haar optel en sê sy is oulik. En dan kry sy ekstra melk.

Sien, dit is my punt.

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

15 thoughts on “So wat is volgende…”

  1. Kieter is pragtig. Hahaha @ “sommige”. My man noem my “julle” as hy vir my kwaad is, so al asof daar te veel vrou in my vel rondloop: “julle” luister mos nooit as ek praat nie, “julle” het weer nie mooi gedink nie. Dit laat my altyd lag.

    Liked by 2 people

    1. Ek dink daar is ñ paar sulke benamings. Julle, hulle, almal, mense…My man raak weer so vies as ek kom met ‘die hele dorp het glo ñ maagvirus’, as hy by my begin kla. Dis glo vir hom niks lekker as hy nooit iets alleen kan makeer nie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s