En ons was ook nie skaam nie, hoor!

wp-1488187056126.jpg

Man ja. Vrydagaand was weer sulke tyd. En moenie vergeet dat ek eers Donderdag ontslaan is nie…

Dit is die heerlikheid daarvan as jou winkel deel is van ñ “Dining Theatre”. Met opvoerings elke naweek.

Ja, dit is reg. Ons klompie daar agter. “Background singers”. En was ons nou “cool”. Wel, ons mans het so gedink. En ons kinders.

Dit was een lang heerlikheid. Die profesionele groep bestaan uit agt kunstenaars van Pretoria en Johannesburg. En dan ook die eienares van ons kompleks hier in Harties, Elshantè Bouman.

Elshantè se cd en digbundel is hierdie naweek vrygestel, so nog iemand in ons dorpie oppad na roem.

Maar terug by Vrydagaand. Die saal was gevul met my en Bertus se vriende, ñ spesiale “Seventies” musiekaand wat vir ons klompie gereël is. En die beste van alles…ons kon die musieklys voor die tyd saamstel.

img_9018

Kort voor lank is hartsvriendinne en ons dogters ook op die verhoog, en het ons nou gejol! Al die weggepakte drome van op ñ verhoog sing, is losgelaat.

9a0d5c179bbd84956166f62a5bb7f862

Die hartseer van die lewe bietjie eenkant gelaat, die hare losgeskud en die verbeeldings vrye teuels gegee.

En dit was heerlik.

img-20170223-wa0000

 

 

 

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “En ons was ook nie skaam nie, hoor!”

  1. WAAAAAT?????

    Jitte maar dis so cool! Jy sal nie glo hoeveel keer ek verby daardie “Dining Theatre” bord gery het en gewens ek het die guts om te gaan nie. Maar soos met alle vreemde goed is dit maar moeilik…

    Maar dit klink rerig baie lekker.

    Liked by 2 people

    1. Jy moet pryse kom kry, dis net te heerlik. En hulle cater so oulik vir almal se individuele behoeftes. Die skole gaan hulle ook nou begin gebruik, onthou hulle het maar begin desember oopgemaak. En hulle doen enige funksies, en jy kry “live music” by as jy reël.

      Liked by 1 person

    1. Plasie, groet jy weer? Of het ek verkeerd gekyk? Die aand was ñ reuse sukses, veral my enkellopende vriendinne het dit ontsettend geniet. Want dit was vir hulle veilig om bietjie ‘te laat los’. Almal daar het mekaar geken. Soms is dit só nodig vir ons as mensdom.

      Like

      1. Smaak my die man met die strikdas sal maar vir jou ‘n voorskriffie moet gee.
        ROFL 5000mg. 1 x Daily with meals and wine. Repeat until no stress detectable

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s