Oppad BERG-OP.

(fotos:Google Images)wallpaper-pictures4

Ek sit vanoggend met my koppie koffie in my hande en nuus kyk. Ek hoor dit oor en oor op die radio, al die hele dag. En ek wonder.

Hierdie raak my, ja. Direk. Daar is ñ twintig voet “container” wat in Indonesië op ñ hawe wag. Om gestuur te word. Vier weke op ñ vragskip oppad Durban toe. Gekoppel aan hierdie oefening is ñ “dollar account”. Met ñ rekenig wat ons moet betaal.

Ek wonder oor ons land. Oor ons regering. Oor besluite wat geneem word, geneem is. Uit ondervinding weet ek dat die rand/doller uurliks kan verander. Sekerlik gaan verander. Feite.

0144

Ses en vyftig jaar oud, en al wat ek op kan roem is dít wat ek geleer het. Om te onthou wie ek is. Wie ek was, waar ek was, deur watter omstandighede ek al gekom het.

Die houvas van ñ “Mall” se kontrak op ñ paar jaar van my lewe. Die besef van my magteloosheid tydens die Rustenburg stakings, die onvoldoende bankrekening bedrae, die dae sonder kliënte.

My lyf wat oppak onder druk, die spanning wat my getrou vergesel het. Heeltyd, altyd.

Dan blaai ek terug in my joernaal. Tot by die opskrif bo-aan ñ dag in 2016. Neergeskryf nadat ek agter my toonbank op my knieë gaan sit en stilword het.

EK HET JOU. EK SAL JOU HIER UITBRING, EN JY SAL HULLE KAN GROET MET ñ SKOON REKENING. KYK OP IN MY Oë, NIE AF NA JOU BANKREKENING NIE. JY SAL MET TROTS KAN WEGSTAP, WANT EK HET JOU GEHOOR. EK HET JOU.

So my president. Jý gaan my nie laat struikel nie. Voor jóú besluite gaan ék nie wankel nie.

My “joy” sal jy nie steel nie, want ek het dit verniet gekry. Mý God het dit sélf in my gees geplant.

Ek sal opklim teen ons berg, hoog. En dit uitskreeu.

HY HET MY.

HY HET ONS.

 

 

Wayan se mening…

(foto:Google Images)n35_ario-wibisono

Terwyl ons nou onlangs van winkeltjie tot winkeltjie gestap het, het Wayan kort-kort net gesê: bad karma, en dan sy kop geskud. Tot ek vra. Eintlik wou hy my bitter graag al lankal vertel, maar ek moes eers vra.

Elke keer as ñ trokkie of ñ motorfiets verby ry, met ñ ‘hoender-mandjie’ agterop, word dié woorde ge-uiter. Dit werk nou so, volgens Wayan. En onthou, Wayan is ñ Bali mens, en hy wéét.

Hoender gevegte is sedert 1981 onwettig op die eiland. Maar daar gaan glo daagliks gemiddeld 10 000 hane dood in hierdie sport. Manne spandeer tussen ses maande en twee jaar om ñ haan reg te kry vir só ñ geveg. Baie geld word verwed, en die geheime gevegte vind gedurende die oggende plaas.

Daar word van die een geveg na die volgende gehaas, en almal op die eiland weet gewoonlik waar dit plaasvind.

Maar, volgens Wayan is dit “bad karma”. Hierdie mans met hul obsessies, kom blykbaar in die middae by die huis aan, gewoonlik sonder “winnings”. Want dit wat jy wen word dadelik weer verwed.

Alhoewel hardhandigheid glad nie deel is van die Bali kultuur nie, slaan die dobbelaars hul families glo links en regs. Van frustrasie. “Bad Karma”. Punt stop.

Die eerste dag nadat Bertus by my aangesluit het, het ons gaan stap. Flippen ses kilometers ver. Op hierdie staptog, roep ñ jong man ons nader, en spog met sy haan. Haal hom ook sommer uit die hok, en toe moet Bertus hmm en ha. Beindruk lyk. Terwyl ek onderlangs soos ñ slang sis…’bad karma’. Sies.

IMG_9298

IMG_9299

“Needless to say”, die gesegde het nou op my tong agtergebly. En nie uit disrespekte vir ñ eeue oue geloof nie.

Net omdat dit sin maak. Vir my.

Dis teen die wet. Dis wreed. Dit ontaard in ñ siekte. En dit bring geweld teen vrouens en kinders mee.

So ja. Bad Karma. 

Indien jy iets voor my doen wat my pla.

Hoekom net ek?

(fotos:Google Images)images

Ek lees nou-nou Lewies Mymer se storie oor sy prostaat ondersoek, en begin toe lekker lag.

Want sien, nie alle manne is baie bewus van die regte benaming vir dinge nie.

Op aanbeveling van ons huisdokter, gaan ek en manlief verlede jaar die internis besoek. Albei van ons het vae skete, en die ouderdom vra ook vir meer gereelde “check-ups”. Oppad hospitaal toe, net so terloops, noem ek dit aan Bertus dat hy tien teen een ñ prostaat ondersoek sal ondergaan. Net dat my man nou nie onkant gevang word nie.

Dis ñ paar sekondes stil in die kar.

En jy dan? Hoekom kry jy nie ook een nie? Hoekom net ek?

Dis miskien nou hier waar ek al moes besef…

Manlief vra dat ek liewer by hom sit terwyl die internis sy vrae vra. Vir ingeval hy wat Bertus is, iets uitlaat. Kyk, dit gebeur nou nie sommer nie. My engel “overshare” baie dikwels, met diè dat hy nou so in die opleidings wêreld betrokke is. Maar ek ‘sit toe in’, ons tweetjie langs mekaar in ons hospitaal jurkies.

Dit was lank, en deeglik, al die vrae. Met al Bertus se beskrywende antwoorde by. Ek kon sommer aanvoel dat hy baie ingenome is met dié ou wat so ALLES van hom wil weet.

Net so voor hulle klaarkry, kom haal die suster my vir my bloedtoetse, en ek dog ja, dis nou veilig. Bertus sal verder regkom…………………………………………………………

Met diè dat ek my voet by die deur begin uitsit, hoor ek die vraag.

So Bertus, kom ons praat oor jou skild. Hoe gaan dit daarmee?

Skildklier, ja. EK weet dit is die navraag. En ek word koud. Kyk, ñ mens ken jou man. Weet alles van hom af. Selfs meestal hoe die brein ook werk, en die gehoor. Ek bly versteen staan, en wag, en:

‘Sjoe, dok. Maar jy is gaaf om te vra. Kyk, ons het mos nou maar almal skuld. Ons sn is seker hoog, in menslike terme, maar ek moet darem ter verdediging sê. Ons is hier in 2008 deur ñ rowwe tydjie. Die lodge, dit het nie uitgewerk nie, so mens betaal nou nog daaraan af. En dan is daar die karre. Ek hou maar van ñ Discovery, …’

Eers nou kry ek weer lewe. Vlieg om, gaan staan langs hom met my hand op sy skouer.

My engel, dokter wil weet van jou skildklier, nie ons skuld nie…

Bertus was taamlik bekaf, want hy het lekker begin gesels. Met hierdie stillerige dokter wat dan nou soveel belangstel in hom as mens…

Die dokter het homself op daardie moment net vir ‘iets’ verskoon, en deur die agterste deur verdwyn.

Seker om iets belangrik vir sy “nurse” te gaan vra???

Funniest-Memes-ever-075

 

(opgedra aan my dierbaarste manlief wat my aan die lag hou)

As ek vir een ding kan vra.

(fotos:Google Images)wood-carving-furniture-indonesia-tool-set-up

Net een ding. Wat sal dit wees?

Wat sal my lewe 100% kan beinvloed?

Na ñ heerlike kuier saam met my jonger skoonsus vanmiddag; nadat ons baie vêr draaie gaan loop het, wonder ek vanaand hieroor.

Ek eindig by gereedskap. Dit wat nodig is om ñ taak af te handel. Hetsy dit nou die lewenstaak van ñ ouer is om sy kinders groot te maak. Of van ñ jongeling om sy loopbaan keuses te maak. ñ Lewensmaat te soek.

Bali-art-and-culture-wood-carving

Met die regte gereedskap in my hand, kan wonderwerke verrig word. Dit wat gedoen moet word, sal kan gebeur.

31c5e8802734e9071e315a64081bcf4f

Die ideale prentjie kan geskep word. Al vat dit jare. Met die regte gereedskap in my hande, sal ek dit kan doen.

20

Waar kry ek dit?

Ek kan dit nie koop nie.

Ek word nie daarmee gebore nie. En as ek eiewys is; sommer voor die tyd opgee omdat ek nie kan glo nie, gaan tyd my dit ook nie leer nie.

As ek een ding mag vra.

Is dit wysheid. Wysheid uit Vader se hand uit. Uit Sy hart uit.

ñ Langer lewe, sonder wysheid, wil ek nie hê nie. ñ Gesonder liggaam, sonder wysheid, sal my nêrens bring nie.

Dit kos my niks. En die beste van alles is, Hy wil dit vir my gee.

Ek moet net vra.

NIE vir die sensitiewe leser!

(fotos:Google Images)Ibu Oka Warung Babi Guling  (Bali)

Suckling Pig. Hierdie keer het ek onthou om Wayan bietjie uit te vra oor Bali se geliefkooste Babi Guling. Ons het in Ubud by ñ Warung gestop, iets soos ñ kafee-restaurant, waar hulle net Suckling Pig aanbied.

Die klein varkies, sodra hulle ñ sekere gewig bereik, word vir twee ure, vroeg oggend, oor die kole gaargemaak. By iemand se huis.

suckling-pig-2

Van agt uur tot so twee uur, kan jy dan diè vars varkies eet. Hulle moet nog aan die speen suip. Hoekom Wayan? Want dan is hulle nog ‘skoon’ van binne.

Geen vleis word vir die volgende dag gebêre nie. Vars, elke oggend.

(Res van die fotos:Una)

Hierdie is die Warung waar ons altyd kom eet. Skoon, heerlike kos. Die volgende foto is van Wayan, aan die linkerkant, terwyl ons wag vir ons borde.

Dit is heerlik sappig. Sag. Jy kry jou gebruiklike bak rys saam, met ñ bakkie piesangblaar sop.

Suckling Pig. Nog ‘skoon van binne’. Vars elke dag. Gereed vir sy doel op aarde.

Nee, hier kom nie ñ preek nie. Ek los dit maar net daar.

Maar ek moet net iets byvoeg…Dankie ons Vader, dat ons in ons onvolmaaktheid ook ons doel op aarde kan uitleef. Al is ons stukkend en gebroke. U maak ons rein, selfs al is ons hoé oud. Dit is nooit ooit te laat nie.

xxx

 

 

Die heerlikste lekkerte…

wp-1490276204269.jpg

…is as ouma presies kan opspoor wat kleinste lief dogtertjie vir ouma vra.

ñ Whatsapp foto van die huis af, met ñ prentjie van ñ Cindelella rokkie. Ma, kyk of mamma so iets kan opspoor. Gaby se maatjie het dit van familie in Amerika af gekry, en sy droom nou ook oor een.

Goeiste, in Bali, my kind. Ek sal soek, hard ook. Maar Bali? ñ Piepklein eiland in die middel van nêrens?

En ouma het gesoek. Straat op en straat af. Daar is nie kaarte van die winkeltjies nie, so wat waar is, vind jy op jou twee voete. Vra help glad en geheel en al nie. Daar kom ñ wasigheid in die oë as jy vir iets vra wat nie in hulle spesifieke winkeltjie is nie.

So straat op en straat af is dit toe.

Om ñ hoek, en sowaar. Disney karakter hémel reik uit na my moeë lyf.

20170320_125252_resized

20170320_125238_resized

Ek raak self ook ñ bietjie verlore daar binne. Wat sou ek darem nie als met sulke rokkies as ñ dogtertjie gespeel het nie. Ure en ure lank. Nee, beslis dae lank. Selfs nou nog…die figuur sal net nie mooi saamwerk nie.

Lisa sê Gaby het gister haar rokkie aangetrek en later in hom aan die slaap geraak. Die verbeeldings vlugte van ñ drie en ñ half jarige het glo vlerke gekry.

En ouma.

Ouma se hart het dit ook nodig gehad.

wp-1490273846134.jpg