Opskrifloos.

images (8)

Ek hou hulle uit die hoek van my oog uit dop, en my eie tone krul sommer om van lekkerkry.

Om min of meer veertig te wees, uitgevat in ñ denim broek, met ñ blou hemp en ñ pienk valletjies bloes aan, kaalvoete, is groot “sports”. Veral in die Mall waar almal jou aanstaar.

Hulle stamp liggies aan mekaar, probeer die verkoops personeel binne in Pep se aandag trek, druk aan die toe glasdeur, en trek vir mekaar gesigte. Dan skaterlag hulle dit uit.

ñ Klompie van ons wag vanoggend vir nege uur sodat die winkels kan oopsluit.

ñ Klompie van ons, ja. Ek het my tussen die groepie kom inwurm, want ek mis my boet. Ek luister na hulle brabbel taal, die gehakkel, die harde stemtone, en sien die onskuld en kindwees in hul oë.

Die MA, of matrone, sit tussen hulle. Rustig. Haar wakende oë mis egter niks. Langs haar sit ñ ouer man en vertel aan almal om hom dat hy kanker het. Maar niemand luister meer nie. Hulle weet.

Die twee voor die winkel venster ontdek mekaar se toonnaels, en nou volg ñ lewendige bespreking. Nog ñ oumens-kind sit ñ stokkielekker en eet, en ñ ander probeer die weerkaatsing van die gangligte op die vloer raaktrap.

En ek wonder. Eendag in die hemel, daar waar ons ñ verheerlikte liggaam gaan hê, gaan boeta anders lyk?

Of gaan Jesus hom met ñ breë glimlag inwag, en hom aan almal voorstel.

Net soos hy is.

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 34 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

29 thoughts on “Opskrifloos.”

  1. net soos Hy is, want vir Jesus- sy maker, is hy net mooi perfek – sonder al die ander tekortkominge. Dit is so mooi deernisvolle skrywe Una – gee jou ou Boeta ‘n drukkie van ‘n vreemde tannie in sy wereld, maar net ‘n vrou in hierdie wereld.

    Liked by 4 people

  2. Hy gaan anders lyk ja… hy gaan lyk soos wat sy siel weerkaats. Ons almal gaan… en as ons dít eers eendag behoorlik verstaan, gaan ons besef wat regtig saakmaak. Net soos hy is – net soos jy en ek is – in SY oë… só gaan ons lyk.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s