O genade, ek raak bietjie kens…

Ja, dit is die reine waarheid. Ek land vanoggend JULLE tyd vyf uur, in Bali. Hier was dit reeds elf uur. ñ Ruk later stap ek langs die see met ñ KAMERA en gesels kliphard met my blok vrinne. Soos ñ kensmens.(woord geleen by Una). 

Waaroor? Oor die feit dat julle reeds saam met my hier was. Ek neem kammakastige ‘nuwe’ fotos, net om vir myself te sê: Hulle was reeds hier. Hierdie ‘spot’. Almal ken alreeds die pad. Jy het daaroor geblok!  

img_9035

Sien. Ek sê mos. Gaan net terug op my argiewe. Wat wel anders is, is dat ek neergehel het omdat ek loop en fotos neem.

Ja, ja, Bertus. Ek sal kyk waar ek loop. Maar dis ñ kamera, my handsak, my PAAR pakkies inkopies, my geldsakkie WAT AAN MY LYF VASGEMAAK IS, my bottel water omdat die sweet my afstroom, my leesbril wat afgly, my ego…o ja, en my “small Bintang” wat mens nou nie kon weier nie…Onthou, DIE PAADJIE loop verby my gunsteling eetplek.

img_9039

En. Sambrele is defnitief in.

img_9053

Defnitief.

img_9055

Golfies bly klein. En ja, dis weer vlieër tyd. Soos altyd.

img_9062

Hierdie is alles my eie fotos. Nie Google Images s’n nie. Soos julle kan aflei, né A.J.

Bali ruik dieselfde, ‘proe ‘dieselfde. En ek sal vir almal wat bitterlik graag hier wil wees, se part klippies in die see gooi.

Maar vir nou, tien oor twee in Suid Afrika, moet ek gaan slapies. Doodmoeg. En in my element.

Dankie my Here, vir hierdie ongelooflike voorreg.

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

19 thoughts on “O genade, ek raak bietjie kens…”

  1. Dankie, dankie! Jou paaitjie is aanloklik! Net so by the way… ‘n paar van jou fotos is goed sexy! Daai twee sambreel prentjies… veral die groen sambreel! Ja… stap maar daai paaitjie… en hou aan dankie sê… jy is voorwaar bevoorreg! Jy kan ook maar aanhou om vir ons die fotos te wys…
    (Ek is stilletjies jaloers)

    Liked by 2 people

  2. Ai, en so in die gees loop ek saam met jou, ek hel net nie neer nie hahaha. Onthou die Bokashi, beste vir skrape en val. Dankie vir die bintang drink langs die see, los maar die klippie, daai is reg vir my. Slapies n heerlike Bali slaap.

    Liked by 1 person

  3. Johancycleafrica, my wederhelf, het my aangemoedig om jou blog te lees. Ek het onlangs gesien dat ‘n kwilterstoer na Bali aangebied word. Sou ek en my sus op ons eie na Bali kon toer om materiaalwinkels te besoek en bietjie rond te kyk? Produseer hul goeie kwiltlap? Ek stel nie regtig belang in batikwerk en wat ek lees klink vir my na meestal batik fabrieke. Ek sal terugvoering waardeer. Ek geniet jou skryfstyl. Groete

    Liked by 1 person

    1. Hello jong. Ek gaan bietjie rondvra, en na jou toe terug kom. Ek weet net van die Uluwato kwilt/ kant kuns. Bali is maar ń klein eilandjie, so daar is nie baie sulke kunsvorme nie. Behalwe vir batik, is hulle wêreld bekend vir hul weef werk. Hier is ń dorpie wat mens besoek, jy mag nie daar oornag nie. Daar bewaar hulle die weef geheime. Sal met my agent praat. Hoor of hy julle na ń paar plekke toe sal kan neem, soos jul eie materiaal toer. Hy sal weet. Groete vir Johan. Juk sy toer voete nog nie weer nie?

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s