ñ Pyn iewers…

(fotos:Google Images)girly-fashion-pink-rhinestone-pumps-high-heels-facebook-timeline-cover-banner-for-fb

My oggend het rustig begin. Ek het die kilometer af strand toe lag-lag afgelê, en vir ñ uurtjie lank die mensdom gaan dophou.

ñ Groep Chinese toeriste al om my, se manewales in die vlak water het my laat proes van die lag. Met dié dat hulle normaalweg baie hard praat, het die eiland mense behoorlik weggekoes as een sy mond oopmaak.

Bali mense verhoog selde hul stemtoon, so die smouse het hul afstand gehou. En kon ek rustig die tydjie geniet. As ñ Chinees.

Die pyntjie… Ek het vandag ‘honderde’ kilometers afgelê, te voet. Of te plakkie. En nou is daar ñ been spasma.

Ja, ja, hier is oral masseer salonne om my. Ja, ek hou nie daarvan as vreemdes aan my vat nie. Ja, ek weet dit is pateties. Ja, ek bly vanaand uit die strate. Nee, ek sal dit nie môre weer so oordoen nie.

maxresdefault-3

En ja, ek sal dit vanaand afslaap. Die lysie is lank, die tyd stap aan, en nog so baie om te sien en doen…

indonesia-bali

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

29 thoughts on “ñ Pyn iewers…”

    1. Hello Net Ek. Dis so heerlik om met julle te kan gesels terwyl ek hier op my eie rondloop. Ek begin van môre af regtig aankoop. Vlieg môre oggend oor Java toe, bly daar vir ñ paar dae, en dan weer terug hierheen. Die Bali eiland en die hoof ‘land’ van Java, is so ñ uur se vlieg van mekaar.

      Liked by 1 person

      1. O jy moet ons sommer BAIE foto’s kom wys asb!

        En als vertel watse snaakse goed jy eet. Ek is erg nuuskierig. En ja, dis lekker om van jou te hoor, dan mis ons jou darem nie so baie nie! 😉

        Liked by 1 person

      2. Jy wat so fiemies met kos het…☺. Ek sal eendag nog vir jou bietjie Balinese kos maak. Darem net hoender. Maar vir my is hulle kos die lekkerste op aarde. Of van die plekke waar ek al was. Sowaar lekkerder as braaivleis. Vir my.

        Liked by 1 person

    1. Jy kan so sê, ja Hester. Bali het elke dag “ceremonies”, en dan los almal waarmee hul besig is, en gaan “dress up”.☺ Hulle het letterlik duisende gode wat hulle besig hou, en ek bedoel dit met respek. Hul geloof is geweldig gekompliseerd, en so te sê alles wat lewe, is heilig. So daar is baie werk by betrokke. Maar dit lyk of hulle alles geniet. Terdeë geniet. Vergryp…mmm. Ek het, jy is reg…

      Liked by 1 person

  1. O, ken ek nie daai stap en stap en stap, terwyl jy gebombardeer word met kleur geur en vorms. Geniet elke oomblik. Bintang blikkie sal die ding doen en weereens Bokashi. Lekker lang bad met n glasie wyn ook. Defnitief room service vir jou vanaand.

    Liked by 1 person

    1. My winkel in in Hartbeespoort. Die dorpie. Kom loer asb eendag in! Plasie en sy vroulief was al twee keer by my, en sowaar, dit was elke keer op my af dag. So nou wag ek dat hy weer kom. En vir Net Ek, sy het ook belowe.

      Liked by 1 person

      1. As jy dalkies net soiets raakloop iewers: Hin kopbeen.

        Jip, ek is skull bef…eeehhhmmm…dinges 😀

        Dit hoef nie ‘n lewensgrootte oorspronklike eilandmens s’n te wees nie 😉 ‘n kleinerige kaggelkakkie weergawe (van enige ander materiaal as been) sal ook doen :mrgreen:
        (ek moet seker noem dat dit ‘n mensekopbeen(vorm) moet wees – ek wil nie graag my huisdiere ontstel met hulle soort beendere.

        Like

    1. O nee, Estelle, ek bly weg. Die sakgeld is min en ons winter lê voor. Bali het nie skoene vir die koue nie. Maar genade, ek het na jou en Thebi verlang toe ek so in Kuta Angel gebly het! Vandag Java toe gevlieg.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s