Net soms.

IMG_9065

Net soms wonder ek. Oor engele. En is daar ñ fyn uitgewerkte GPS in die hemel?

Ek loop haar en haar mamma gister oppad lughawe toe raak. Seker so 28 jaar oud, in ñ rolstoel. Spoeg wat uit haar mond dribbel, maar die oë skitter van opgewondenheid. Sy is geestelik gestremd, en kry aanhoudend epilepsie. Haar naam is Christa, en hulle woon in Australië. Sy brabbel onophoudelik, en ma vertaal. Hulle is in Bali vir ñ ‘osoon behandeling’ wat help met die epileptiese aanvalle. Hul land gee glo geen aandag aan geestelik gestremdes nie, net aan fisiese gestremdheid.

Vlieg elke vier maande in. Dit begin die medikasie te vervang, en werk.

Sy is pragtig. En haar mamma lyk moeg.

Vanoggend sit ek in Java, eet ontbyt in die hotel se restaurant. Die volgende oomblik is hy langs my. So twaalf jaar oud. En gesels “non-stop”. Ek loer verward rond, en gewaar sy ma. Sy skep hul kos in, maar sy hou hom heeltyd dop. Die taal, besef ek, is nie Indonesies nie. Sy hande beduie, sy oë skitter, en die woorde borrel uit.

Hulle is van Mauritius, vertel sy later. Kom by familie kuier. En kort-kort vee sy die spoeg van sy mond af.

aviva-furni-6 Goed. So wat is my punt hier.

Wat is volmaaktheid, en wat nie. Wie besluit.

Ek dwaal tussen die mooiste stukke meubels rond, gevorm deur mense hande. Iemand het ñ droom gehad, dit op papier geteken, en toe gemaak. ñ Pragstuk. Baie werd.

Net so het IEMAND oor die ‘engel kinders’ gedroom, hulle gevorm, hulle geskep.

ñ Pragstuk.

Maar hoeveel werd?

Ons verskil so baie; ons kleur, ons kultuur, ons gewoontes. Ons geloof.

En tog. Vir een IEMAND. Net vir een.

Is ons volmaak.

a7a0086291add50ac0da2d6891e8c71c

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

20 thoughts on “Net soms.”

  1. Perfeksie is ‘n baie relatiewe woord, met nes “beauty is in the eyes of the beholder” my hart ruk vir elke ouer met ‘n siek kind, maar kinders wat vir die wereld verkeerd lyk, breek my hart sommer, want in die meeste gevalle is dit onvoorwaardelike liefde – maar in die Here se oë is hulle perfek, elke keer as Hy na hierdie engelmense kyk en hul versorgers ingesluit, glo ek HY sê: en dit was goed perfek, en dit was aand en dit was more…
    Dankie tog die Here kyk nie deur ons oë na mense nie.

    Liked by 3 people

  2. “I praise YOU because I am fearfully and wonderfully made!” – behalwe vir die feit dat ons as mense ons vasstaar in die voor die hand liggende fisiese eienskap(pe) in hierdie konteks, vergeet ons hoeveel siel daar in ons is. En daai is juis die een ding wat hom nie steur aan ‘n soms onwillige, soms onwillekeurige liggaam nie… Kyk maar na dié engelkindertjies. Hulle siele is heel.
    Mooi skrywe dié!

    Liked by 1 person

    1. Jy is so oulik. Ek hoop regtig jy kom eendag vir my kuier…Jy moet kom!!! Vir die kopbeen wat ek gaan saambring! En sowaar, as hulle my iewers wil opsluit daarmee, beter jy namens my kom please explain.😉

      Liked by 1 person

  3. Die Here se genade is groot en wyd. Sy oe is sagte liefde oe en vir Hom is sy engel kinders volmaak. Ek dink ook hulle ouers is ook spesiaal uitgesoekte mense. Ons was bevoorreg om n Alwyn kind in ons lewens te he. Hy is down sindroom en my kinders het groot geraak met hom en dit het hulle met sagte oe na gestremdes laat kyk en n begrip in hulle en ons harte gebring. Ek dank die Here vir Allies.

    Liked by 1 person

  4. So waar, vandag met iemand gepraat wat as kind bang was vir donker gange, met die groot word begin besef ons as mense is soms meer bevrees vir mense. Sulke kinders is rein en het geen verskuilde agendas nie. As ons maar almal eintlik so was.

    Liked by 1 person

  5. Net soos my nuutste blog wat al verlede jaar in my drafts en darem nou voltooi is daar ‘n ander nog onvlotooid met die titelL Heelmaan, Heelmens en die vraag vra of ons dan net geseend is as dinge reg loop. Hierdie laat my daaraan dink.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s