Waar om te soek. En waarna.

IMG_9103

Die perfekte deure. Die regte hoogte. Die droogste hout. Die beste kerwers.

Ons het vandag vroeg in die pad geval. Soort van ñ “road trip” gewees. Want iewers in die boendoes, dit is waar die ouens bly.

Die ouens. Manne wat rustig sit en kerf. Gefokus. Klaarblyklik tevrede.

IMG_9102

Waaroor gesels hulle so, Sulis, wil ek weet. “Ag you know Una. Life. Women.”

In ñ podokkie, letterlik in die oerwoud. Die pad soontoe sal ons in Suid-Afrika nét met ñ ordentlike 4×4 voertuig aandurf. Maar ons… het met ñ wit kar gery, ñ platte.(Ja ja. Ek weet.)

IMG_9097

Ons eindbestemming, in die middel van die middel. Toe begin die onderhandelinge. Ek verduidelik eerste vir Sulis wat my prentjie van ñ deur is. Sy praat met haar man Tofic. Hy dra die inligting oor aan “the owner”. Elke keer in ñ ander taal. Maar al hierdie gebeur eers nadat ons vir ñ uur moes wag dat “the owner” van “taking a pray” af terugkom, en toe weer “lunch”.

IMG_9111

Die tyd op my fotos is SA tyd, let wel. Hier is dit vyf ure later.

IMG_9099

Die gedagtes wat als so deur jou kop beweeg as jy ñ week laas Afrikaans gehoor het, en geen Westerlinge sien nie! Dis verstommend hoe vinnig mens terug beweeg na die basiese ‘dinke’ toe. Jy sien die opset is bitter deurmekaar, dié kleinman word letterlik bo-op half gekerfde meubels groot. Tog. Hy is silwerskoon. Die wasgoed aan die draad ruik vars. Die kat gaap doodluiters en strek haarself op ñ afgeleefde stoel uit. Selfs die hoender skrop met ñ houding.

IMG_9114

Jy kan nie ñ vergelyking tref nie, want daar is nie regtig ñ punt daarin nie. Almal leef, probeer werk, en maak kinders groot. Puntstop.

IMG_9106

My hart word week toe ek hierdie foto neem. Sulis, weer swanger met kind nommer drie. Hannah wat agt is en kort-kort my hand kom soek. En Tofic wat as baie “cool” beskou word, en tog sy vrou en kinders so koester.

Soos my opskrif sê.

Waar om te soek en waarna.  

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

14 thoughts on “Waar om te soek. En waarna.”

  1. Jy vat my ver terug en ek kan amper die hout ruik. Daardie vreedsame heerlikheid in die bosse by n werkswinkeltjie. Hoop jy kry mooi deure Una. Die foto ruk aan my hart en die verlang kom sit in my hart. Kosbare mense daardie. Ek weet op hierdie tydstip het vrede in jou kom nestel. Geniet dit so vreeslik baie.

    Liked by 1 person

  2. “Hier blok Elane” en “ekmyselff” noem die eenvoud . . . Dis wat my en Una nog ALTYD getrek het in SO Asie : SIMPLISITEIT ! Ons verstaan van tegnologie en modern, en kan seker lankal nie vir ewig daarsonder mee klaarkom nie. Maar die heerlikste vd besoeke, is om daai simplisiteit te ervaar en dan baie vinnig jou eie te maak. Asof ek da saam jou is my vrou ! Lu

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s