ñ Verlang dag.

IMG_9138

Hierdie tipe dae kan jou so stil-stil bekruip.

Ek mis my man. Sy nabyheid en sy teenwoordigheid.

Ek staan langs die Java see, en wonder oor hierdie twee op hul stellasie. Sou graag met Bert oor hulle wou praat. Sy ‘man-slimgeid’ wou hoor.

IMG_9141

Die kamera bring hulle nader, en ek voel sommer ekstra alleen. In hul afsondering, rug teen rug, is hulle twee.

Ek weet dit lyk en klink of dit baie goed gaan as ek so alleen in Indonesië ’rondtrek’. En ja, ek het hierdie tye nodig. Vir myself.

Maar ek kan dit net doen met my manlief se volle ondersteuning. Sy volle vertroue. Sy kameraadskap selfs daar van die huis af. En sy gebede wat my so kan dra.

Ons is nou maar eenmaal nie geskape om alleen te wees nie. Daarom dat Adam ñ Eva gekry het. Daarom dat dogtertjies van jonks af droom oor hul troudag. ñ Maat. ñ Sielsgenoot.

Soms ñ ‘krom en skeefgetrekte’ een, maar steeds joune. Iemand wat weet wanneer om jou bietjie te laat gaan, maar ook weet hoe om jou ‘in te katrol’. Soos die vissermanne.

Iemand wat jou help om jou balans te behou, of te herwin.

53bed97132b64ba3747d20144ceb029d

So ja, op hierdie effense alleen dag, teen die see, met net twee vissermanne verspot diep in die water,

verlang ek.

(vir Bert)

 

 

 

Advertisements

Skrywer: travel460

Ek was reeds 32 keer op die Bali eiland, meestal om vir ons invoer maatskappy aankope te doen. Daar is so baie wat ek met mense kan deel; mense wat beplan om oor te gaan, of net ouens wat droom oor n eiland vakansie. Ek is nou in my middeljare, en vlieg reeds van 2004 af Indonesië toe. Ons het 3 dogters, 2 seuns en 6 kleinkinders.

16 thoughts on “ñ Verlang dag.”

  1. Mooi geskryf.
    Ek het al agtergekom dat my slegste dag op ‘n toer die middelste dag is. Dis ‘n verlangdag of lus vir huistoekom dag. Was dit ook jou middelste dag?
    Die tweede helfte gaan gewoonlik verskriklik vinnig om.
    Geniet jou tydjie daar.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s